Judith & Lourens se elegante troue

Judith en Lourens het by Diamand Hill getrou, ‘n pragtige plattelandse trou onthaal net buitekant Pretoria. Diamand Hill het ‘n oulike klein kerkie. Mense vra altyd waar neem mens dan nou trou foto’s as jy in Gauteng trou? Gauteng het net sulke mooi trou plekke soos enige ander provinsie in Suid-Afrika en Diamond Hill is definitief een van daardie boomryke plekke. Judith en Lourens se antieke trou motor het die foto’s nog meer sprokies mooi laat lyk. Spesiale dankie aan Sulene Badenhorst vir die pragtige foto’s.


34567891011121314151617181920www.sulenebadenhorst.com22www.sulenebadenhorst.com2425


Hoe het julle verloof geraak?

Dit was n romantiese wegbreek vir ons vier jaar herdenking. Ons het vroeg die oggend  begin met ‘n heerlike ontbyt in die wildtuin. Later die dag het ons na Elephant Whispers toe gegaan, dit was baie interessant, na klas het ons geleentheid gekry om op die olifante te ry. Daarna het ons middag ete op die hout dek geniet. Toe volg die GROOT vraag, al wat ek kan onthou is , ons is vier jaar en vier dae saam….en toe sien ek die ring en huil…Met n GROOT glimlag tussen die trane sê ek toe JA !!!


262728293031www.sulenebadenhorst.com3334


Watse advies kan jy vir paartjies gee wat gaan trou?

Reël jou troue soos jou hart begeer en geniet die beplanning. Maak die beste daarvan, dis net julle twee se GROOT dag. Moenie te veel met almal deel nie…soms steel mense jou idee’s al is dit jou vriendinne!!!


3536373839404142434445www.sulenebadenhorst.com474849www.sulenebadenhorst.com51525354555657585960


Wat sou julle verander?

Ons sou NIKS verander nie. Ons troudag was presies hoe ek daarvan gedroom het en nog meer! Alles was PERFEK en so Spesiaal .. My man se ek het my beroep gemis.


626364


Diensverskaffers: