Melissa & Zandré se verlowing

Melissa en Zandré het die mooiste verlowing fotosessie gehad in ‘n pragtige woud omgewing, amper soos ‘n sprokies verhaal. Hulle het lekkergoed gebruik om die fotosessie op te helder en dit bietjie spelerig te laat voel. Baie mense weet nie waar om hulle verlowing fotosessie te hou nie, baie fotograwe beveel aan dat die fotosessie of by die plek is waar die paartjie gaan trou en dan se ander dit is beter om dit by ‘n ander plek te hou want dan het jy ‘n verskeidenheid van foto’s. Geniet die oulike foto’s van Melissa en Zandré.

Melissa & Zandre Verloof Post 24

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (3)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (4)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (5)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (6)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (7)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (8)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (9)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (10)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (11)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (12)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (13)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (14)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (15)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (16)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (17)

Melissa & Zandre Verloof Post 24 (18)

Melissa & Zandre Verloof Post 24


Hoe het ons verloof geraak? 

Na 11 jaar van vriendskap waarvan ons al 6 jaar uitgaan het Zandré Pieterse my oor die pragtigste son opkoms gevra om sy vrou te wees! Hy het my die oggend van 19 Mei 2013 my baie vroeg uit die bed gejaag om te gaan 4×4 by die grys naby Franskraal buite Gansbaai. Hy het uitgery oor die sand duine tot waar ons net die son, see en sand kon sien. Met ʼn uitsig oor die einste Uilenkraalsmond strand waar ons vir die eerste keer ontmoet het! Ek was nie eers bewus dat daar al ʼn ring was nie so dit was ʼn groot verassing toe my beste vriend en lewensmaat uiteindelik op sy knieë gegaan het!


Wanneer beplan ons om te trou?

Ons beplan om Saterdag, 1 Maart 2014 die knoop deur te haak, by DuVon naby my tuis dorp Robertson.


Diensverskaffers:

Fotograaf: Lindie Meyer Photography