Pastel en prettig. Dit was die tema van Candice en Almero se pragtroue in Villiersdorp. As jy so deur hulle troufoto’s kyk sal jy baie inspirasie kry veral as jy ‘n lekker groot troue wil hou en uit idees is oor onthaal areas. Partymaal moet jy net rustig wees en dink presies wat vir jou belangrik is, luuksheid of ‘n lekker kuier saam met die mense wat jou lief het. Hulle foto’s het die pragtigste plattelandse gevoel en sagte lig. Catherine Mac het hullle spesiale dag afgeneem en dit verewig met pragtige foto’s. Ons moet net weereens se as jy mal is oor pastel kleure sal jy mal wees oor die troue.
Hoe het julle ontmoet, en hoe was die verlowing?
Ons was‘n skoolkys/skoolliefde. Ons is nou al 13 jaar saam (na 12 jaar het Almero op sy knie gegaan en die groot vraag gevra). Hy het my bo-op Kanonkop (Simonsberg) gevra om te trou. Hy het al vroeer die dag ‘n piekniek mandjie met vonkelwyn en veldblommetjies daar gaan wegsteek sodat hy my kon vra wanneer dit sonsondergang is. In sy opgewondenheid was ons sowat ‘n uur te vroeg vir die sonsondergang.. haha.. ons het lekker sit en warm kry daar bo, maar toe hy daai vraag vra was dit alles die moeite werd, dit was soos ‘n sprokiesverhaal, ek het niks vermoed totdat ons byna bo-op die berg was nie want ons het dikwels so in die veld gaan piekniek hou..
Hoekom het julle besluit op die trouonthaal?
Ons kom albei van Villiersdorp af waar ons saam op skool was en daar is ‘n lekker groot skousaal waar ons toe ons onthaal gehou het. Ons wou graag almal vir wie ons lief is daar he vir ons liefdesfees en ek wou graag self al die dekor goedjies doen, so dit was vir ons die ideale venue.. en ons kon makietie tot in die vroee oggendure! Ek is mal oor pastel kleure so dit was basies ons tema, pastel en prettig! En Alida, van Flowers in the Foyer, het die allermooiste pastelkleurige blomrangskikkings vir ons gedoen!
Wat het julle gedoen vir julle wittebrood?
Almero het die die wittebrood self beplan.. dit was vir my ‘n groot verrassing. Ons is Zanzibar toe en dit was hemels! Ek het tot ons op Nairobi lughawe was nog nie heeltemal geweet waarheen ons gaan nie, maar die oord waar ons gebly het was ongelooflik (Azanzi Beach Resort). Ons het lekker op die strand gele, gaan snorkel, op toere gegaan ens. Dit was die lekkerste lekker.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Catherine Mac
- Blomme: Flowers in the Foyer
- Grimering & hare: Anne-Mart
- Rok: Eve’s Bridal