Verhuring Advies

Foto Krediet: Love Made Visible

Of jy nou  ʼn onthaalsaal huur,  of ʼn markiestent oprig op julle familieplaas vir julle troue, meeste bruidspare huur meubels, dekor of breekware in  vir hulle groot dag. Die realiteit is, dit is goedkoper om items te huur as om dit self aan te koop.  Baie bruide is egter bang om items te huur omdat hulle nie weet hoe dit werk nie, of omdat hulle nagmerrie stories gehoor het van bruide wat ʼn groot deposito verloor het omdat iets weg, gebreek of skeefgeloop het. Sodra jy ‘n troudatum, onthaalsaal, kleurskema en ‘n gastelys opgestel het,  is dit die volgende stap om die nodige meubels, breekware en dekor items te huur. Lizl Pieterse van Flamboijant Décor, Wedding and Events wat verhuring, beplanning en trou bloemis is, gee ons meer insig oor, hoe werk verhurings en die standaard diensvoorwaardes as jy iets huur vir jou groot dag:

Foto Krediet: Johan Cloete
Foto Krediet: Johan Cloete

BESPREKINGS


Verhurings Maatskappye  verlang  ʼn 50% terugbetaalbaar deposito addisioneel tot die totale bedrag om die bestelling te bevestig of ‘n 50% deposito van die totale faktuur.

Kwotasies is slegs geldig vir 7-10 dae, en verlang die deposito betaling binne 7-10 dae.  Daar is geen waarborg dat die bespreking beskikbaar sal wees na die verval datum nie.

Maak altyd seker dat die trou datum, aflewerings datum, optel datum en adres korrek is op die faktuur.

Maatskappy verlang ook ʼn kopie van jou ID sowel as ‘n kopie van die getekende diensvoorwaardes en faktuur met die bespreking.

BETALINGS


Meeste betalings is EFT of kontant, min maatskappye het kredietkaart fasiliteite of aanvaar tjeks.

Na die betaling van die deposito, word die volle betaling verlang 72 uur voor die optel of aflewerings datum of die volle betaling kan gemaak word met die optel van die items.

Die terugbetaalbaar deposito word eers min of meer 14 werksdae nadat die items terug ontvang word, betaal, die maatskappy gaan eers deeglik deur al die items en wag gewoonlik op terugvoering van die wassery om seker te maak daar is geen skade aan linne nie, voordat die deposito terug betaal word.

KANSELLASIES


Niemand weet ooit hoeveel mense hulle uitnodiging gaan aanvaar nie, dus met die eerste bespreking, bespreek die items volgens die hoeveelheid mense wat genooi is.

Indien die hele bestelling 30 dae voor die geleentheid gekanselleer word verbeur jy 25% van die terugbetaalbaar deposito of deposito.

Indien kansellasies  15 dae voor die geleentheid  plaasvind, word 50% van die terugbetaalbaar deposito of deposito verbeur.

Indien kansellasies 7 dae voor die geleentheid plaasvind, verbeur jy  100% van die terugbetaalbaar deposito of deposito.

Sodra jy die finale getalle het vir die geleentheid,  moet die verhurings maatskappy die bevestigde getalle ontvang, nie later as & dae voor die geleentheid nie,  indien nie en jy vra minder items aan met die afhaal van jou bestelling word die huurder nog steeds verantwoordelik gehou vir die volle bedrag.

Foto Krediet: Love Made Visible
Foto Krediet: Love Made Visible

 MEUBELS


Daar is altyd ‘n ekstra fooi vir kussinkies van Tiffany Stoele wat erg beskadig,of vuil is en die skoonmaak of die herstel van die kussinkies sal afgetrek word van die deposito.

Dit is ook die huurder se verantwoordelikheid om te sorg dat die items nie buite nat word nie en dat die kussinkies weer afgehaal word van die stoele en terug geberg word in die verpakking waarin dit ontvang word.

Sommige maatskappye vra ʼn ekstra fooi om die kussinkies af haal met die optel van die items.

Stoel oortreksels vir plastiek stoele moet sorgvuldig oor die stoele getrek word , en maak seker die stoel se poot is ordentlik binne in die oortreksels se poot sakkies.  Indien dit nie ordentlik binne is nie kan die poot ʼn gat deur die materiaal maak en verlang maatskappye dat die hele stoel oortreksel vervang moet word.

Rapporteer enige stoel oortreksel wat reeds gaatjies in het dadelik aan die maatskappy wanneer die stoele oorgetrek word voor die geleentheid, geen klagtes sal aanvaar word na die geleentheid nie en die maatskappy sal die huurder verantwoordelik hou.

 LINNE


Om seker te maak jou linne pas op die tafels, kan jy die volgende berekening doen.  Vat die lengte van die tafel en + 1.5m by. Dus as die tafel 2 meter lank is moet die tafeldoek 3.5m lank wees om op die grond te hang.  Dieselfde met die breedte van die tafel, as die tafel 1meter breed is, sit 1.5m by, dus moet die breedte van die tafeldoek 2.5 meter breed wees.

Geen Linne mag gewas word deur die huurder.  Die was van alle linne is die verantwoordelikheid van die verhuurder en nie die bruidspaar nie.

Maak altyd seker dat daar geen kerswas op die linne beland nie, dit word altyd aanbeveel dat  ʼn spieël of glasblad onder kersstaanders geplaas moet word om dit te verhoed.  Maatskappye is erg hieroor en sal ekstra vra vir skoonmaak kostes.

“Sparklers” is baie mooi en ʼn groot tendens vir wanneer die bruidspaar instap of wanneer die eerste dans plaasvind, maar ongelukkig brand “sparkler” gate in linne wanneer dit neer geplaas word. Ongelukkig moet bruide dan tussen R300-R800 opdok vir die vervanging van ‘n tafeldoek. Maak nie saak of die “sparklers” buite gebrand word  of gaste in kennis gestel word om dit nie op die tafeldoek te plaas nie, daar is altyd ʼn kans dat Oom Jan of Piet nie mooi verstaan het nie en dan die fout begaan.

Servette kan baie vinnig voete kry veral as hulle rondlê nadat almal klaar geëet het.  Stel jou koördineerder in kennis,  of die persoon verantwoordelik by die onthaal saal om die servette van die tafels te verwyder sodra al die geregte klaar bedien is.

ALGEMEEN


Alle items wat gehuur word is die huurder se verantwoordelikheid en die huurder sal aanspreeklik gehou word vir enige items wat beskadig of vervang moet word.

Kontroleer asseblief bestelling met ontvangs, en rapporteer enige foute of tekortkominge op ʼn bestelling voor die funksie datum.  Geen terugbetalings sal geskied as foute of tekortkominge  gerapporteer word na die funksie datum nie.

Besorg asb. alle, sakke, houers of kratte waarin die verhuring items vervoer word terug.  Indien nie, sal die huurder verantwoordelik gehou word vir die betaling/vervanging hiervan.Indien bogenoemde punte nagekom word, behoort verhuring nie vir enige bruid ‘n nagmerrie te wees nie. 


Artikel en Foto’s verskaf deur: Lizl Pieterse van Flamboijant Décor, Wedding and Events