Izanne & Ettiene se strandtroue

Ons deel vandag met julle die pragtige troue van Izanne & Ettiene. Hulle het die mooiste sagte pastel kleure gebruik vir hulle troue. Soos voorheen genoem, pas fynbos altyd perfek in by sagte kleure-dit is so asof die twee teenoorgestelde elemente vir mekaar bedoel is. Izanne en Ettienne het die pragtigste fotosessie gehad tussen fynbos met die mooiste uitsig van berg en see. Maar laat ons ophou praat en laat jy die trou foto’s geniet. Vir meer oor Izanne en Ettiene se troudag, sien die vrae en antwoord seksie onder die foto’s. ‘n Spesiale dankie aan Coba Engelbrecht vir die pragfoto’s.

Izanne & Ettienne Artikel (2)

Izanne & Ettienne Artikel (3)

Izanne & Ettienne Artikel (4)

Izanne & Ettienne Artikel (5)

Izanne & Ettienne Artikel (6)

Izanne & Ettienne Artikel (7)

Izanne & Ettienne Artikel (8)

Izanne & Ettienne Artikel (9)

Izanne & Ettienne Artikel (10)

Izanne & Ettienne Artikel (11)

Izanne & Ettienne Artikel (12)

Izanne & Ettienne Artikel (13)

Izanne & Ettienne Artikel (14)

Izanne & Ettienne Artikel (15)

Izanne & Ettienne Artikel (16)

Izanne & Ettienne Artikel (17)

Izanne & Ettienne Artikel (18)

Izanne & Ettienne Artikel (19)

Izanne & Ettienne Artikel (20)

Izanne & Ettienne Artikel (21)

Izanne & Ettienne Artikel (22)

Izanne & Ettienne Artikel (23)

Izanne & Ettienne Artikel (24)

Izanne & Ettienne Artikel (25)

Izanne & Ettienne Artikel (26)

Izanne & Ettienne Artikel (27)

Izanne & Ettienne Artikel (28)

Izanne & Ettienne Artikel (29)

Izanne & Ettienne Artikel (30)

Izanne & Ettienne Artikel (31)

Izanne & Ettienne Artikel (32)

Izanne & Ettienne Artikel (33)

Izanne & Ettienne Artikel (34)

Izanne & Ettienne Artikel (35)

Izanne & Ettienne Artikel (36)

Izanne & Ettienne Artikel (37)

Izanne & Ettienne Artikel (38)

Izanne & Ettienne Artikel (39)

Izanne & Ettienne Artikel (40)


Hoe het julle ontmoet, en hoe was die verlowing?

Ons het ontmoet op universiteit (Potchefstroom), ons het ‘n paar klasse saam gehad. Ons eerste uitgaan was roomys by McDonalds en toe piekniek by Parys 🙂 Paar weke later was dit Desember vakansie. Ek het in George by my ouers gekuier en hy het strand diens by Heroldsbaai gedoen. Ons het heerlik saam gekuier en nuwe jaar saam op Heroldsbaai se strand deurgebring. Vier jaar (2 van hulle lang afstand) later het hy my by ons spesiale plek op Heroldsbaai se strand, gevra om met hom te trou.


Hoekom het julle besluit op die trou onthaal?

‘n Groot deel van ons gaste sou van Gauteng af kom, so ons het besluit om die natuurskoon van die Kaap ‘n groot deel van ons troue te maak. Ons wou vir hulle ‘n mini-vakansie gee 😀 Ons het die gaste laat ry oor Chapmans peak Drive van die Tokai kerkie na die onthaal in Simonstad. Ons het ‘n wonderlike onthaal plek gevind (Blue Horizon Estate) wat uitkyk oor Simonstad en Falsbaai. Die uitsig is asemrowend en was ‘n groot gesprekspunt by die onthaal.


Wat het julle gedoen vir julle wittebrood?

Ons het besluit om die tradisie te volg dat ek nie vooraf geweet het waarheen ons sou gaan vir ons wittebrood nie. My wonderlike man het alles self gereël! Toe ons die aand by die onthaal wegry het ek uitgevind ons gaan na die Shandrani Hotel en Spa in Mauritius. Dit was ongelooflik lekker!


Diensverskaffers: