Henk & Adeleen se Troue

Ons is mal oor die sagte blou, grys en Khakhu kleurskema van Henk en Adeleen se pragtige troue. Henk en Adeleen het getrou by die pragtige ‘Dwarsberg Trout Hideaway’. Dit is alles wat hulle wou gehad het, insluitende ‘n asemrowende mooi uitsig, ‘n lekker plat-op-die-aarde gevoel en ‘n plek waar hulle gaste hulself kon geniet en lekker gemaklik en tuis kon voel. Ons weet julle sal saamstem, maar ons is absoluut gaande oor Adeleen se ontwerpers rok, ‘n meesterstuk deur die alombekende Elizabeth Stockenström.

Henk & Adeleen (2)

Henk & Adeleen (3)

Henk & Adeleen (4)

Henk & Adeleen (5)

Henk & Adeleen (6)

Henk & Adeleen (7)

Henk & Adeleen (8)

Henk & Adeleen (9)


Hoe het julle ontmoet, en hoe was die verlowing?

Ons het op Universiteit ontmoet deur vriende. Na twee jaar van skelm van mekaar hou, het ons uiteindelik begin uitgaan. Hy het my gevra om te trou op die dak van The Grand Daddy Hotel in Kaapstad op die 5 jaar herdenking van ons eerste afspraak. Hy het die hele dak net vir ons uitgeboek en ons het, nes op ons eerste afspraak, The Simpsons gekyk (The Grand Daddy Hotel het ‘n big screen op hulle dak). Dit was pragtig en onkonvensioneel met ‘n tikkie “quirkiness”, maar perfek vir ons – nes die res van ons verlowing en troue.


Henk & Adeleen (10)

Henk & Adeleen (11)

Henk & Adeleen (12)

Henk & Adeleen (13)

Henk & Adeleen (14)


Hoekom het julle besluit op die trou onthaal?

Ons is albei baie lief vir bome en wou graag buite trou. Ons was ook opsoek na iets wat nie styf is nie – na iewers waar mense hulle skoene kan uitskop en gemaklik kan wees. Toe ons vir die eerste keer met die bergpas afry en vir Dwarsberg met sy plat-op-die-aarde, maar tog snak-na-jou-asem, skoonheid sien, het ons geweet dis die plek vir ons.


Henk & Adeleen (15)

Henk & Adeleen (16)

Henk & Adeleen (17)

Henk & Adeleen (18)

Henk & Adeleen (19)

Henk & Adeleen (20)

Henk & Adeleen (21)

Henk & Adeleen (22)

Henk & Adeleen (23)

Henk & Adeleen (24)

Henk & Adeleen (25)

Henk & Adeleen (26)

Henk & Adeleen (27)

Henk & Adeleen (28)

Henk & Adeleen (29)

Henk & Adeleen (30)

Henk & Adeleen (31)

Henk & Adeleen (32)

Henk & Adeleen (33)

Henk & Adeleen (34)

Henk & Adeleen (35)

Henk & Adeleen (36)


Wat het julle gedoen vir julle wittebrood?

Ons is na Phuket, Phi-Phi en Krabi in Thailand waar ons ‘n balans probeer vind het tussen alles wil sien en beleef, en rustige alleen tyd saam met mekaar spandeer. Dis die eerste keer vir albei van ons.


Henk & Adeleen (37)

Henk & Adeleen (38)

Henk & Adeleen (39)

Henk & Adeleen (40)

Henk & Adeleen (41)

Henk & Adeleen (42)

Diensverskaffers: