Bederf Boksies

Bergbruidjie boksies artikel_001


Bergbruidjie is ‘n baie passievolle maatskappy in die trou bedryf en is baie nostalgies oor die liefde. Sy het ‘n aanlyn winkel wat allerhande mooi en praktiese geskenke verkoop wat handig te pas kan kom op jou troue, soos T-hempde, kamerjasse, handdoeke, voorskote ens. Een van haar oorspronklike en unieke produkte is haar geskenk boksies. Daar is op die oomblik 2 soorte Bergbruidjie Boksies beskikbaar. Die Boere Labola Boks en die Bruidjie Bederf Boks. Die Boere Labola boksie word gebruik wanneer couples hul aanstaande ouers gaan vra of hy met hul dogter kan trou.

Die outjie pak dit dan vol bederwe wat dien as “Labola”. Dit kan ook as koevert boksie op die troue self gebruik word. Bruide het dit ook al aangeskaf om vir hul bruidegomme vol persente te pak. Die Bruidjie Bederf Boksie is bedoel om vir ‘n Bruidjie ‘n boksie propvol heerlike bederfies te pak. Die Bruidegom kan dit op die oggend van die troue aan sy Bruid gee of dit kan by ‘n kombuistee as ‘n geskenkie gegee word van vriendinne. Na die troue kan dit dien as ‘n herrineringsboks waarin jy goedjies van jou troue kan stoor wat jy graag wil bewaar.


 Bergbruidjie boksies artikel_002Bergbruidjie boksies artikel_003Bergbruidjie boksies artikel_004Bergbruidjie boksies artikel_005


 Hierdie is ‘n geborgde artikel:

Boksies kan aanlyn bestel word op www.bergbruidjie.co.za/shop/

Foto’s geneem deur: Lizelle Lotter