Niel en Hestelle se troue is die heel eerste publikasie op Mooi Troues en het by die spog onthaal saal genaamd Laurent at Lourensford Wynlandgoed getrou in Somerset-Wes. Die eerste element wat mens oplet is hoe verlief die paartjie is en hoe sag en pragtig Hestelle is. Dit is vir ons ‘n baie spesiale troue, omdat dit die heel eerste troue is wat op Mooi Troues gepubliseer is. Dit is ‘n oomblik wat ons nooit sal vergeet nie.
Ons het gewag tot ons die regte troue kry om te publiseer. Toe ons dié foto’s sien op Aglow Photography se webtuiste het ons absoluut verlief geraak op die foto’s van Niel en Hestelle. Hestelle is die eienaar van Koekies en Cream. Ons sal binnekort ‘n artikel doen oor KoekiesenCream en wat dit alles behels. Vir nou geniet die asemrowende mooi troue van Niel & Hestelle en gaan loer gerus op Aglow Photography se webtuiste vir meer fantastiese trou foto’s.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Aglow Photography
- Onthaal: Lourensford Wine Estate
- Trourok: Alana – Made with Love
- Skoene: Aldo
- Blomme: El Le Fleur
- Koek: LOV at first sight
- Trou Beplanner: Hannes Maritz
- Kroeg: Shake&Serve
- Musiek: Dj Chopper