GESTILEERDE FOTOSESSIE

PUBLIKASIE VERSOEK

Ons lesers is mal oor gestileerde fotosessies en vind baie inspirasie vir hulle troues.  Ons deel met graagte oulike gestileerde fotosessies en sal elke diensverskaffer krediet gee wat deel was van die fotosessie.  Ons deel slegs foto sessies wat nog nie voorheen op of in ander publikasies gepubliseer was nie.  As jy ʼn oulike gestileerde fotosessie gedoen het, vul die onderste vorm in en ons sal dit oorweeg vir publikasie.

EKSKLUSIWITEIT VOORKEUR:

Diensverskaffers wat deel was van die gestileerde fotosessie is meer as welkom om die gestileerde fotosessie te deel op hul besigheid en persoonlike sosiale media platvorms en ook op hul webjoernale en webtuistes.

Belangrik:  By Mooi Troues sit ons baie moeite en tyd in ons artikels.  Indien die gestileerde fotosessie goedgekeur word vir publikasie, vra ons dat jy asseblief nie die gestileerde fotosessie op enige ander trou webjoernaal of -tydskrif laat publiseer tot die dag wat dit op Mooi Troues gepubliseer word nie.  Indien die gestileerde fotosessie wel êrens anders gepubliseer was, sal ons dit ongelukkig nie publiseer nie. Dié rede hiervoor, is dat ons nie soos ʼn kloon van ander webjoernale en tydskrifte lyk nie, maar unieke inhoud deel met ons lojale lesers.

WEES VRIENDELIK:

Hierdie is ʼn groot plus punt vir ons.  Jy hoef nie jouself meer belangrik te ag as enige ander diensverskaffer in die trou bedryf nie.  Moet nie onbeskof wees met ons publikasies-span nie.  Ons sien almal as gelyk en hanteer almal presies dieselfde.  Ons hou daarvan om met diensverskaffers te werk wat passievol, vriendelik en maklik is om mee te werk.

WAARNA ONS SAL KYK EN MOOI TROUES SE ESTETIKA:

  • Kreatiwiteit van die gestileerde fotosessie.
  • Styl en kwaliteit van die foto’s.
  • Die model/modelle se rok/rokke.
  • Skryfbehoeftes – indien die gestileerde fotosessie skryfbehoeftes gehad het.
  • Die tafel dekor is baie belangrik. (Fotosessies sonder dekor sal nie gepubliseer kan word nie.)

TERUGVOERING PERIODE:

Indien Mooi Troues die gestileerde fotosessie goedkeur vir publikasie, sal ons jou binne 2 weke laat weet per e-pos met al die foto spesifikasies vir die fotograaf en vrae aan die persoon verantwoordelik vir die beplanning van die gestileerde fotosessie.  Indien jy nie binne 2 weke van ons gehoor het nie, was jou aansoek onsuksesvol.

FOTO SPESIFIKASIES:

Stuur vir ons die skakel na jou foto’s waar ons dit kan besigtig om ʼn besluit te kan neem of ons dit wil publiseer op Mooi Troues.  Maak seker jy stuur die skakel na die fotograaf se webtuiste.  Mooi Troues sal slegs foto’s publiseer wat deur ʼn professionele fotograaf afgeneem was. 

PUBLIKASIE VERSOEK

    Wie is jy?

    Was die fotosessie al voorheen gepubliseer?

    Diensverskaffers mag die foto's op hul sosiale media gedeel het en hul persoonlike webtuistes. Ons verwys hier na ander webjoernale en tydskrifte.

    Ag nee!

    Ongelukkig publiseer ons nie gestileerde fotosessies wat op ander webjoernale en tydskrifte gepubliseer was nie.

    Het die fotosessie tafel dekor gehad?

    Ag nee!

    Ongelukkig publiseer ons slegs gestileerde fotosessies wat tafel dekor het.

    JOU BESONDERHEDE:



    Jou Naam:

    Jou Van:



    Jou E-pos adres:

    Jou Selfoonnommer:


    Het jy die fotosessie gerëel?

    WIE HET DIE FOTOSESSIE GERËEL?



    Naam:

    E-pos Adres:


    INFORMASIE OOR DIE GESTILEERDE FOTOSESSIE:

    Titel van die fotosessie:

    Wat was die inspirasie agter die fotosessie?

    FOTO'S VAN DIE GESTILEERDE FOTOSESSIE:

    Vir Mooi Troues se publikasie span om 'n gestileerde fotosessie moontlik goed te keur vir publikasie, moet hul eers 'n paar foto's van gestileerde fotosessie sien. Jy kan vir ons 'n skakel los na die gestileerde fotosessie se foto's op die fotograaf se webtuiste, Dropbox skakel, Google Drive skakel of 'n Pixieset. As jy nie 'n skakel los waar ons die foto's kan besigtig nie, sal jou publikasie versoek outomaties afgekeur word.

    Skakel waar ons die foto's kan besigtig:

    Byvoorbeeld:  Dropbox, Google Drive, One Drive, Pixieset ens.

    Het ons 'n wagwoord nodig om die foto's te sien?

    Wat is die wagwoord?

    FOTOGRAAF SE BESONDERHEDE:


    Fotograaf se Naam:

    Fotograaf se E-pos adres:


    DIENSVERSKAFFERS LYS:

    Dit is baie belangrik dat jy die onderste diensverskaffers lys so volledig as moontlik voltooi.  Indien jy nie 'n diensverskaffer gebruik het nie kan jy dit uitlos.

    Koördineerder:

    Venue:

    Trourok:

    Skoene:

    Trouring:

    Juweliersware:

    Grimering:

    Hare:

    Bruidegom pak:

    Huurdienste:

    Dekor:

    Blomme:

    Skryfbehoeftes:

    Troukoek:

    Videograaf:

    Enige ander diensverskaffers wat deel was van die fotosessie?

    Spesifiseer die diens + die besigheid se naam + e-pos adres hieronder.

    KOMMUNKASIE TOESTEMMING:

    • Ek gee toestemming aan Mooi Troues en Mooi Leefstyl dat ek wel kommunikasie vanaf hul wil ontvang en ook 'n intekenaar sal wil wees van hul nuusbriewe.

    • Ek verstaan dat die informasie wat ek aan Mooi Troues verskaf in die vorm alleenlik met die partye gedeel sal word wat gelys is onder diensverskaffers van die publikasie versoek, asook enige van die diensverskaffers wat betrokke was by die artikel en geen ander derde party nie.

    Ongelukkig moet u vir Mooi Troues toestemming gee om met u te kan kommunikeer.  Sonder toestemming kan ons nie met u kommunikeer nie.

    Foto Krediet:  Lucille Scheepers