RINDI SWAN

FOTOGRAAF & VIDEOGRAAF / GAUTENG, KWAZULU-NATAL, WES-KAAP, NOORDWES, LIMPOPO

Hi daar, ek is Rindi van RindiSwan Fotografie.

Ek het ‘n oog om op jou troudag die onverwagte, die skoonheid en die waarheid vas te vang op ‘n manier wat jou en jou verloofde se harte sal raak.

Na 13 jaar (ek is nog jonk) as ‘n trou fotograaf, het ek ontdek dat elke trouverhaal spesiaal en uniek is en elkeen se storie verskil.   Ek vertel julle storie deur asemrowende foto’s.  Om gereed te wees vir die klein seuntjie wat skaam glimlag of hard lag; of die oomblik vas te lê wanneer die stoute niggie ‘n stukkie koek steel;  of wanneer pappa probeer om sy kalmte te hou met die eerste oogopslag van sy dogter in haar trourok; Of die sagte geheime glimlag wat hy met HAAR deel wanneer hulle dans.  Gaste se uitbarsting van gulde gelag gekombineer met die manne (bruidegom en gevolg) wat die tyd van hul lewens het en net stout is.  Die oomblikke waar die bruid en haar gevolg, hul geluk en emosionele oomblikke deel.

As die sluier oor jou kop gaan en ek sien die bruid transformeer van Mejuffrou na Mevrou dan kry ek elke keer hoendervleis.  Daar is net te veel spesiale oomblikke op ‘n troue en my werk is om elke emosie op die beste manier ten toon te stel en ook net saggies te bid saam met my bruidjie en te vra dat hul huwelik altyd so mooi soos hul huweliksdag sal wees.

Maar vir my is die beste deel altyd die gesteelde oomblikke tydens die intieme paartjie sessie.  Werklike troue gebeurtenisse en regte oomblikke is waarvoor ek bekend staan – en dáái oomblikke maak trou fotografie vir my en almal wat daarna kyk onvervangbaar.

Met my en my Superman wat wissel tussen assistent, tweede fotograaf of videograaf kan ek met ‘n oop hart sê julle gaan ‘n heerlike spontane ondervinding met ons beleef en die mooiste fotos  hê om mee te spog en jul sprokiesdag te onthou na die tyd.

Ons werk hard as ‘n span om nie net foto’s te skep nie, maar kunswerke.  Ons is geseën om deel te wees van soveel liefdesverhale en kan nie wag om joune vas te vang nie.

Of jy nou in Pretoria, Johannesburg, Wes-Kaap, Durban of enige plek in hierdie wonderlike land trou, ons is opgewonde om meer te hoor oor julle trouplanne, en deel te wees van julle unieke storie.

sit FACEBOOKinstagram

suid afrikaanse trou fotograwe

suid afrikaanse trou fotograwe


suid afrikaanse trou fotograwe
suid afrikaanse trou fotograwe

suid afrikaanse trou fotograwe


suid afrikaanse trou fotograwe
suid afrikaanse trou fotograwe


suid afrikaanse trou fotograwe
suid afrikaanse trou fotograwe

suid afrikaanse trou fotograwe

suid afrikaanse trou fotograwe

suid afrikaanse trou fotograwe

Ma van die bruid

suid afrikaanse trou fotograwe

suid afrikaanse trou fotograwe

suid afrikaanse trou fotograwe


suid afrikaanse trou fotograwe
suid afrikaanse trou fotograwe

suid afrikaanse trou fotograwe

suid afrikaanse trou fotograwe


suid afrikaanse trou fotograwe
suid afrikaanse trou fotograwe
suid afrikaanse trou fotograwe

suid afrikaanse trou fotograwe

KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

NAAM / NAME

E-POS / E-MAIL

BOODSKAP / MESSAGE

GEPUBLISEER OP MOOI TROUES