MOFAM RIVER LODGE

blank

logoblank

Diep in die Overberg omring deur die kenmerkende Appel boorde van die Elgin Vallei, in die skadu’s van die immergroen dennebome word jy verwelkom by Mofam Rivier Lodge. Op die oewers van die kabbelende Palmiet Rivier met asemrowende vistas van ongerepte natuurskoon voel elke gas onmiddellik tuis. Die perfekte bestemming vir ‘n blaaskans, weg van die vermoeiende stadslewe asook ‘n geleentheid vir bietjie avontuur.

Met jare se ondervinding en ‘n spektrum van troues suksesvol voltooi vir plaaslike, asook internasionale paartjies het Mofam oor die jare ‘n reputasie opgebou as die Trou bestemming van voorkeur. Vir julle spesiale dag is niks te veel, te moeilik, te onmoontlike of te groot vir ons om te reël nie. Met ‘n geoefende span onder die vleuel van ons binnenshuise troue koördineerder word elke bruidspaar individuele aandag en diens gebied.

Vanaf jou eerste besoek as verloofdes tot jul vertrek as Meneer en Mevrou word elke bruidspaar deel van die Mofam Familie wat ons verewig in ons harte koester.

Ons sien uit om deel te word van julle sprokies verhaal.


kontak

Jou Naam:

Jou E-pos:

Boodskap

sit FACEBOOK tweet instagram

Elgin Valley Wedding Venue_0001 Elgin Valley Wedding Venue_0002 Elgin Valley Wedding Venue_0003

Elgin Valley Wedding Venue_0005DCIM100MEDIADJI_0020.JPGElgin Valley Wedding Venue_0007