JADE CUSTOMISED EVENTS

KOöRDINEERDERS / PROVINSIE

logo

Jade Customised Events is die perfekte keuse as jy ‘n oplossing soek vir die beplanning en dekor van jou spesiale dag. Ons roem onsself daarop dat ons ‘n unieke diens aan ons kliënte lewer, wat spesiaal vir hulle behoeftes ontwerp is.  Ons verstaan dat elke paartjie anders is en daarom het ons ‘n intieme boutiek konsultasie omgewing geskep sodat nuwe idees gekonseptualiseer kan word volgens jou troudag se behoeftes.  Deur gebruik te maak van stemmings-borde, aanlyn kreatiewe borde en gedetailleerde vraelyste, ontwikkel ons nuwe idees en ontwerpe wat interaktief en spesiaal ontwerp is volgens jou troudag visie.

Jade Customised Events is jou nommer een keuse vir die stilering en koördinering van jou belangrike funksie. Elke troue word tot in die fynste besonderhede ontwerp. Ons het begrip vir die unieke balans tussen logistiek en stilistiese behoeftes wat die sukses van jou troue sal verseker. Laat gerus jou spesiale dag in die bekwame en professionele hande van JCE oor. ‘n Plek waar die onmoontlike, moontlik word, waar ‘n begroting in ‘n gewenste uitkoms verander, en waar ‘n visie ‘n realiteit kan word.

sit FACEBOOK tweet

Wedding Planners Cape Town Mooi Troues_0003

Wedding Planners Cape Town Mooi Troues_0002

Wedding Planners Cape Town Mooi Troues_0004

Wedding Planners Cape Town Mooi Troues_0005

Wedding Planners Cape Town Mooi Troues_0007

Wedding Planners Cape Town Mooi Troues_0008

KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

NAAM / NAME

E-POS / E-MAIL

BOODSKAP / MESSAGE

GEPUBLISEER OP MOOI TROUES