HOOGEIND MANOR

VENUE / SOMERSET-WES

Hoogeind Manor troue en funksie venue is geleë net buite Somerset-Wes langs die N2 in die rigting van Sir Lowry’s Pas. Gehuisves tussen die Hottentots Holland en Helderberg bergreekse, spog hierdie Kaaps Hollandse herehuis met ‘n asemrowende uitsig oor die vredevolle tuin, wingerde en die Atlantiese Oseaan by Gordonsbaai. Nie net het Hoogeind Manor ‘n ongelooflike en unieke troue- en funksie lokaal asook kontemporêre kapel met pragtige groen grasperk areas nie, die venue verskaf ook konferensie fasiliteite en gehalte bed en ontbyt akkommodasie.  Hoogeind Manor beloof ‘n absolute vreedsame wegbreek van die besige alledaagse lewe en enige bruid-in-wording sal sonder twyfel verlief raak op die eindelose moontlikhede wat hierdie pragtige trou venue het om te bied.

sit FACEBOOK PINTEREST instagram







KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

NAAM / NAME

E-POS / E-MAIL

BOODSKAP / MESSAGE

GEPUBLISEER OP MOOI TROUES