CREATION EVENTS

Vir Creation Events is “persoonlikheid” die wagwoord. Jy is uniek, jou persoonlikheid is een van ‘n soort en jou styl verklap wie jy is.  Ons streef daarna om jou uniekheid vas te vang en weer te gee wanneer ons jou  groot dag beplan.

Dis waarom ‘n net-soos-al-die-ander trou pakket nie vir ons aanvaarbaar is nie. Ons ontwerp vir elkeen van ons kliënte ‘n pasgemaakte pakket wat al hulle individuele behoeftes in ag neem. Ons spandeer tyd om jou te leer te ken en presies te bepaal wat jou styl is. Boonop werk ons saam met ‘n fantastiese span professionele mense in die bedryf om te verseker dat jou visie werklikheid word.

Creation Events is gebaseer in Somerset-Wes in die Wes-Kaap. Ons verskaf omvattende sowel as  gedeeltelike beplannings dienste vir troues en ander funksies. Theresa Lazarevic is die stigter en eienaar van Creation Events met meer as tien jaar ondervinding in die bedryf van trou-beplanning en koördinering.  Danksy ons kennis en ervaring kan ons jou help om jou pad te vind deur die magdom van keuses, om die perfekte troue tot in die fynste detail te beplan.

Op jou troudag staan ons reg om verskaffers te koördineer en te verseker dat alles opgestel, uitgelê en uitgevoer word presies net soos jy dit visualiseer het. Dit beteken jy kan ontspan. Al wat jy hoef te doen is om jou spesiale dag ten volle saam met jou familie en vriende te geniet.  Ons sien daarna uit om deel te wees van jou uitsonderlike byeenkoms …

 

kontak

NAAM / NAME

E-POS / E-MAIL

BOODSKAP / MESSAGE

sit FACEBOOK tweet PINTEREST instagram