CHANEL OLIVIER

blanklogoblank

Van ‘n jong ouderdom was ek nog altyd mal oor grimering my ma moes my altyd uit haar grimering sak hou, want as sy my soek was ek voor ‘n spieël besig om grimering aan te sit.  In ons huis was ek altyd gespot omdat my pa so baie spieëls in die huis gehang het, want hulle het altyd gesê ek kon nie verby een loop sonder om my grimering reg te maak nie.  Op ouderdom van 18 jaar het ek besluit om my passie te volg en het vir 2 jaar by die Internatiol Academy of Health & Skincare gaan swot, daar het ek in my eerste jaar agter gekom dat grimering altyd my sterk punt was.  Ek het vir nog twee jaar by Corpo Sano Academy gaan swot en daar ‘n hoër graad in Grimering gekry asook ‘n internasionale diploma in velsorg,

Ek het in 2008 by ‘n wynland Spa in Franschhoek aangesluit waar ek as Skoonheid terapeut gewerk het, maar meestal met Bruide wat op die plaas getrou het se Grimering gedoen.  Dit was seker vir my van die lekkerste dae van my loopbaan, daardie dag as ‘n bruid in die spieël kyk en nie woorde het nie, dit het my dag gemaak.  Na my seuntjie se geboorte het ek besluit lewe is so kort en ‘n mens moet doen waarvoor jy lief is ek het die besluit gemaak om op my eie te gaan en voluit te leef vir my passie.  Wel ek is nie ‘n dag spyt nie, ek geniet elke dag, elke kliënt en elke oomblik.  Daardie eerste glans in ‘n spieël van ‘n kliënt en daardie “Oh my word!’ oomblikke maak als die moeite werd.

kontak

Jou Naam:

Jou E-pos:

Boodskap

sit FACEBOOK instagram

chanel-olivier_0001 chanel-olivier_0002 chanel-olivier_0003 chanel-olivier_0004

[]