BRIDE&CO

TROUROKKE & STROOIMEISIE-ROKKE / SUID-AFRIKA

Bride & Co is jou een-stop-trou- en aand klerewinkel.  Industrie leiers, met 10 winkels landwyd, wat pragtige rokke sedert 2008 aan bruide voorsien. Ons het honderde style en verskillende grotes deur ontwerpers Oleg Cassini, Viola Chan en die Bride & Co Collection.

Al ons rokke word met dieselfde kwaliteit gemaak, ons goedkoper rokke het net minder versiering as ons top-end rokke, en ons het ‘n rok vir elke begroting tussen in. Raak verlief op jou perfekte paar trou skoene en asemrowende kristal juwele – alles van oorbelle, tiara’s tot sluiers.  Verwen jou bruidsmeisies met een van ons stylvolle bruidsmeisie rokke.  Ons bied ‘n verskeidenheid modieuse of klassieke style aan;  Ons bied ook die oulikste klein rokke vir jou blomme meisies aan.   Ons voorsien ook aan die gaste met ‘n verskeidenheid van aanddrag uitrustings vir die onthaal.

Hierdie rokke wissel van die perfekte skemerkelkie rok tot ‘n elegante aandrok.  Jou ma sal ook haar ideale rok hier vind.  In die winkel sal Eurosuit seker maak dat jou Nommer 1 en al sy strooijonkers geklee is om ‘n paar knieë lam te maak.  Ons pakke is te koop of te huur.

Gedurende jou GRATIS aanpas sessie sal jou konsultant daar wees om jou te begelei op jou reis om die perfekte trourok te vind.  Dink aan haar as jou beste vriendin.  Vertel haar jou trourok geheime en sy sal haar kundige advies bied.  Ons neem ook in ag dat al ons pragtige bruide uniek is – daarom het ons ‘n volledige span ervare klerewerksters beskikbaar om te verkort, stywer te maak of te verrek – ons kan dit alles doen.

Jou droom trourok wag vir jou…

sit FACEBOOK tweet PINTEREST instagram

KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

NAAM / NAME

E-POS / E-MAIL

BOODSKAP / MESSAGE