Jan-Willem & Mari se pragtige selfdoentroue

Vir paartjies wat besig is om hul troue te beplan en nie vreeslik baie fondse wil spandeer nie, sal sommer baie inspirasie by die pragtige selfdoentroue van Jan-Willem en Mari kry.  Die paartjie deel graag met Mooi Troues se lesers goeie raad en advies om nie ʼn plaas-se-prys vir jou troudag op te dok nie.  Span ook sommer vriende en familie in om soveel moontlik te help met die opstel van die troue op die dag!  Dit sal vir almal ‘n prettige en lekker ervaring wees.

Rol af en kyk na die foto’s propvol trou inspirasie.





Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons 9 Junie 2018 getrou.  Mari was 27 en Jan-Willem was 28 jaar oud.






Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het ontmoet terwyl ons saam Argitektuur in Port Elizabeth studeer het.  In die begin was ons slegs vriende, maar ons het begin uitgaan twee jaar nadat ons ontmoet het.  Ons het uitgegaan terwyl hy in Port Elizabeth gebly het om sy meestersgraad te doen en ek het na Kaapstad gegaan om myne te doen.  Na twee lang jare van lang afstand was ons uiteindelik in Kaapstad herenig.

Jan-Willem: Ek het verskeie planne gehad maar moes gedurig tou in gooi, omdat Mari nougeset en tog spontaan was met haar beplanning van meeste naweke.  Ek het uiteindelik besluit om dit te laat lyk asof dit ‘n aand uit was en haar na ‘n informele, tog intieme restaurant in die dorp te neem.  Ná aandete het ek haar uit die bloute vertel dat ek haar na ‘n afgeleë en onbekende uitsig punt in Distrik Ses moet neem.  Die aand het geëindig met ons wat in die reën staan en gapend kyk na die dansende ligte in die Kaapse stadsprofiel.











Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


My rok is gemaak deur die talentvolle Tarryn Alcock.  Ek het die rok tot die laaste minuut gelos en sy het my in rekordtyd gehelp!  Ek het gegaan met ‘n langmou kant en tule romp wat baie eenvoudig was en het dit met ‘n paar Boergondiëse skoene gepaar.




Vertel ons meer van jul ringe.


Ons het die bruid se trouring saam met Kirstin van Black Betty ontwerp.  Die middelste steen is ‘n Polki diamant.  Dit is baie uniek is!  Dit is gekombineer met ‘n halo-trou band.  Vir die bruidegom het ons ‘n eenvoudige ring gemaak van Dear Rae, wat baie prakties is vir sy werk op boupersele.
















Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons het VanBode, van Port Elizabeth, gekies vir ons trou fotograwe.  Hulle styl van fotografie en hoe natuurlik al hulle foto’s voorkom was vir ons pragtig.  Ons is so gelukkig met hul werk!  Hulle het elke oomblik perfek ingeneem en het ons baie gemaklik laat voel in ‘n posisie waar nie een van ons eintlik gemaklik is nie.




Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Mari: Dit was baie spesiaal om die oggend met Jan-Willem, ons familie en vriende te spandeer om die venue vir die troue op te rig.  Om Jan-Willem so emosioneel te sien toe ek die trougang afloop, was ook baie spesiaal.  Ek sou niks van ons troudag verander nie.

Jan-Willem: Die oomblik toe haar pa sy hand uitsteek en sy was langs hom toe kon ek die trane nie meer inhou nie! Dit was vir my een van die beste oomblikke.  As ek die dag kon langer maak sou ek; Alles gaan baie vinnig verby.
















Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons gaan jare lank na Emily Moon en het verlief geraak vir plek en hulle lekker kos.  Dit het ongelooflike aandag aan detail en ‘n uitstekende ligging met pragtige uitsig.  Die venue kan die seremonie en onthaal op dieselfde plek akkommodeer, asook die spyseniering en akkommodasie verskaf.  Ons wou die skoonheid en karakter van die venue omhels en besluit om olywe takke te gebruik om die lokaal aan te vul.  Ons het die takke self van die bruidegom se ouers se tuin gaan pluk met vriende en familie se hulp.







Vertel ons meer oor jul eerste dans?


Die liedjie wat ons gekies het, was ‘Work Song’ van Hozier.  Die lied is baie spesiaal vir ons aangesien dit gaan oor hoe om deur liefde gered te word.  Ons het ons dans ‘n week voor die troue in ons sitkamer begin oefen.  Die oefeninge was iets waarna ons uitgesien het na werk!








Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons het besluit om na Italië te gaan vir ons wittebrood as gevolg van ons liefde vir argitektuur, kos en goeie wyn.  Ons het vier maande na ons troue gereis om ‘n bietjie geld te spaar en te gaan op ‘n minder besige tyd van die jaar.  Die reis was só romanties en pragtig!





Wat was jul begroting en hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het ‘n groot deel van die troue self betaal en dus het ons ‘n streng begroting vir ons troue gehad.  Gelukkig met baie selfdoen dekor en ander kostebesparings het ons binne ons begroting gebly.  Byvoorbeeld ons het die dekor, skryfbehoeftes, Olyf tak reëlings en al die kolwyntjies self gemaak!  Ons het ook vriende van ons gevra of hulle musiek sal speel tydens die skemerkelkies en kanapees bediening vir die 96 gaste wat by ons troue was.


Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Mari: Dit is moontlik om ‘n troue op ‘n begroting te hê.  Besluit op die belangrikste elemente vir jouself en begroting vir die ander elemente.  Ons het koste bespaar om baie selfdoen elemente te doen en om vriende en familie te kry om ons te help om alles op die dag op te rig.  Die beste besluit wat ons gemaak het was ons venue.  Probeer om ‘n plek te vind waar jy jou seremonie en onthaal kan hou.  Dit is ook voordelig as dinge soos tafels, stoele, eetgerei, ens. by die venue fooi ingesluit is.  As hulle jou spyseniering kan doen, is dit ‘n bonus!  Belangrikste is om jou spesiale dag te geniet.  Ons was so vasgevang in die oomblik dat ons heeltemal vergeet het om die koek te sny!  Gelukkig het ons ‘n hele koek vir onsself gehad om die volgende dag te geniet.

Jan-Willem: Geen tyd, moeite of geld wat jy insit kan vervang die aanwins wat ‘n man in sy lewe op die dag ontvang nie.  Sê Ja waar jy kan en waar moontlik – die dag gaan oor jou aanstaande vrou.



Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: