Dale & Tarryn se troufees

In die artikel bevestig Dale en Tarryn dat dit van kardinale belang om goed oor die weg te kom met jul fotograaf wat jul troudag af neem en die paartjie het net lof vir Karla van Snowflake Photography.  Rol af en kyk na Karla se werk en ons hoop van ons lesers maak kontak met Karla nadat hul die artikel gelees het.  Geniet die troue.

Wat was jul troudatum en hoe oud was julle op dié dag?


28 September 2018 en Dale was 30 en Tarryn 24

 Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons was altwee by ‘n kroeg en het ontmoet in die parkeer area toe ons op pad huis toe was.  Dale het my gevra om te trou.

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek wou iets hê wat eenvoudig was, maar nogsteeds fyn detail het en ek het gekry presies wat ek wou hê.

Vertel ons meer van jul ringe.


Dale se ring was ‘n Tungsten ring, maar was te groot vir hom en dit kon nie kleiner gemaak word nie. Ons het vir hom ‘n ander ring gaan koop was hy mal is oor. Sy nuwe ring is koolstofvesel met patrone van oneindige lus op.

My verlowingsring het ‘n ovaal Tanzaniet kristal en twee diamante aan die kante. Dit is my droom ring gewees en vir ons troue het ons ‘n Witgoud troupant by gesit wat om die ovaal ring pas met diamantjies op.

Vertel ons meer oor die fotograaf


Ons fotograaf was Snowflake Photography en ons het hulle gekies, want ons het baie van hulle portfolio gehou.  Toe ons, ons ontmoeting met Karla gehad het, was sy vriendelik en het ons op ons gemak laat voel, so ons het geweet ons sal gemaklik wees gedurende ons fotosessie op ons troue.  Ek het rerig baie van haar inisiatief en kreatiwiteit gehou.  Ons het wonderlike foto’s gekry. Die hoogte punt van ons fotograaf is dat sy die ekstra myl gegaan het, sy het ons tyd moeiteloos laat voel en ons was nie geïntimideer deur die kamera op ons nie.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


As ek iets moet kies sal ek seker sê die foto sessie wat ons die aand op die dak gehad het met al die wonderlike stad liggies, maar algeheel het ons die hele ervaring geniet.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Dale is lief vir die stad en ek is lief vir die natuur so die Living Room was die perfekte plek vir wat ons altwee voor lief is.  Ons was mal oor die kombinasie van rustiek en modern met ‘n bietjie natuur.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons is nogsteeds besig om aan ons wittebrood te beplan.  Ons sal graag na ‘n tropiese eiland toe wil gaan as ons genoeg geld gespaar het.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het ‘n klein begroting gehad en gesukkel om by dit te hou, want daar was so baie goed waarvan ons gehou het.  Ons het net onder 100 gaste gehad.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Jy doen dit net een keer, so bederf jouself en maak elke oomblik spesiaal. Kry al die formaliteite soos toesprake vinnig uit die pad uit, so dat julle die res van die aand kan vier saam jou vriende en familie en die belangrikste jou man of vrou.  Laat die liefde vloei in die atmosfeer.

Diensverskaffers: