‘n Nuwe aanslag op De Harte Venue

‘n Groep trou diensverskaffers het saam gekom om ‘n pragtige gestileerde fotosessie bymekaar te sit om bemarking materiaal vir ‘n venue in Onderstepoort, Pretoria te kry.  In dié gestileerde fotosessie gee dit paartjies wat trou ‘n goeie idee hoe hul droom trou by die spesifieke venue kan lyk.  Daar is ‘n pragtige formele tuin wat ‘n mooi agtergrond sal bied vir troufoto’s.  Die venue se rou baksteen mure sal enige dekor styl baie goed komplimenteer.  So indien jy nog opsoek is na ‘n trou venue in Pretoria maak tog seker om na die foto’s hieronder te kyk.  Ons hoop om sommer nog baie troues wat by die venue gehou word te deel op Mooi Troues.

Wie het die fotosessie gereël?


Die fotosessie is gereël deur die eienaar van De Harte Venue, Henk Henderson, om vir bemarking te gebruik vir hierdie unieke en stylvolle venue vir enige geleentheid.

Inspirasie vir die fotosessie?


Ons inspirasie was definitief om ‘n meer kreatiewe en artistiese aanslag van die venue.  Donkerder kleure asook die hele gemengde enige iets werk styl wat tans aan die orde van troues is.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons het hande gevat met verskaffers wat ons ken en met wie se werk ons vertroud is.  Asook wat ons gevoel het sal kan bydrae by die estetiese gevoel van die fotosessie.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die feit dat verskeie verskaffers kan hande saamvat om die geleentheid ‘n sukses te maak waar by almal baat.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Om seker te wees van die verskaffers wat jy gebruik.  Volg op oor hulle en doen navrae.  So kan jy verseker dat jou troudag ‘n stresvrye en rustige dag sal wees en so so kan jy as bruid en bruidegom kan fokus op dit wat regtig saak maak.

Diensverskaffers