Michael & Simoné se industriële fotosessie

In Johannesburg se middestad het Michael en Simoné hul verlowing fotosessie gehou.  Die industriële gevoel het ‘n goeie kontras gebied teen die romanse tussen die paartjie.  Daar was ongelooflike hoeke en draaie waar die fotograaf perfek gewerk het met die lig om asemrowende mooi foto’s te skep.  Paartjies wat dink om ‘n stedelike gevoel fotosessie of dit nou vir verlowing of troue is, sal die publikasie propvol inspirasie vind.  Rol af en geniet elke foto.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ek en Michael het ‘n gemeenskaplike vriendin Helene.  Sy het eendag die briljante idee gekry om ons mekaar voor te stel.  Sy het gereël dat ons mekaar die 4de November 2016 by Weiveld ontmoet.  Dis waar Michael my voete onder my uit gedans het.  Dit was verseker liefde met eerste oogopslag. Ons het dadelik nommers uitgeruil en die volgende dag heeldag gesels en sommer dadelik gereël om koffie te gaan drink.

Michael se eienskappe wat my na hom toe aangetrek het is sy lus vir die lewe en sy dryfkrag, as hy sy kop op n ding sit dan gee hy 110%, hy het ook dadelik my op sy hande gedra.  Simoné se eienskappe wat my na haar toe aangetrek het is haar liefde en omgee vir ander mense, sy het ‘n ongelooflike klein hart en het so baie liefde om te gee en stel altyd ander mense bo haarself.

Vertel ons meer hoe julle verloof geraak het?


Michael het my gevra om te trou die 3de Maart 2018.  Hy het my die oggend 03h00 wakker gemaak en gesê ek moet gemaklik en warm aantrek.  Hy het gereël dat ons oor die Magalies Berge met ‘n lugballon vlieg, dit was ongelooflik romanties en hy het my daar bo in die lig gevra om te trou!  Dis’ n dag wat ek nooit sal vergeet nie.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Lik a girl fotografie het besluit op die venue waar ons die verlowing sessie doen, ek hou meer van die industriële gevoel en wou nie net fotos in ‘n veld hê nie, was lus vir iets anders.

Dit was ongelooflik by Victoria Yards.

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Ek het in geskryf vir’ n verlowingsfoto kompetisie wat Lik a girl gehad het en toe wragtig dit gewen, ons was so ongelooflik bly.  Sy is werklik baie professioneel en het ons ongelooflik gemaklik laat voel voor die kamera.

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons droom troue vind plaas die 13de April 2019 by Harmonie Proteas. Ons wil net hê dat dit n spesiale dag is en nie vergeet dat dit oor ons en ons nuwe begin saam gaan nie. Ek sien so baie uit om Michael uiteindelik my man te kan noem.

Diensverskaffers