Wen R4000 se Georgini juweliersware

Een gelukkige Mooi Troues leser staan die kans om R 4 000 se juweliersware te wen by Georgini.  Blaai af in die artikel en voltooi die inskrywings vorm.  Georgini se juweliersware is die perfekte kombinasie van moderne elegansie en ontwerpe wat voor hulle tyd is.  Georgini se juweliersware is bekostigbaar, maar eksklusiewe ontwerpe wat jou spesiale dag sal komplimenteer.  Gestig in Australië en nou beskikbaar in Suid-Afrika is hulle juweliersware gemaak met die fynste 925 sterlingsilwer wat geplatteer is met rodium en dan versier word met kubieke sirkonies kunsstene.

DIE KOMPETISIE IS GESLUIT

Baie geluk Lucille Claassen!  Jy is die wenner!

Die rodium geplateer laag gee die gevoel van Platinum of Witgoud juweliersware, maar voeg ook by die ekstra sterkte van die Silwer.  Die kubieke sirkonies kunsstene is die beste diamant motief en is gewaarborg om nie te verbleik of kleur te verander nie.

Hierdie delikate en modieuse juweliersware is geïnspireer deur die mees onlangse tendense en is terselfdertyd stylvol en elegant, perfek vir die moderne bruid.  Met pryse wat wissel van R 699 tot R 3799 is Georgini se juweliersware bekostigbaar, maar met luuksheid ingedagte.

As ‘n bruid; is die keuse van juweliersware net so ‘n onvergeetlike ervaring soos wanneer jy ‘n trourok soek.   Hul modieuse ontwerpe sal die perfekte afronding wees vir jou uitrusting en sal jou styl komplimenteer wanneer jy by die troupadjie afstap.  Jou juweliersware sal deel wees van jou skitterende herinnering van jou spesiale dag.

Georgini het ‘n skitterende versameling juweliersware vir verskillende begrotings, insluitende: oorringe wat by jou haarstyl sal pas, eenvoudige en pragtige Silwer ketting halssnoere om perfek op jou neklyn te sit, en ook delikate armbande en ringe.  Dit maak nie saak watter tema jy vir jou spesiale dag gekies het nie, Georgini sal die perfekte bykomstighede vir jou hê om jou styl aan te vul.

Vir Bruid-juweliersware om jou met vreugde te laat gloei, verken die Georgini-juweliers versameling deur hier te klik om hulle webtuiste te besoek.   Volg Georgini ook op Facebook en Instagram en word geïnspireer met die mooiste juweliersware.

Termes en Bepalings:

  • Jy sal ons maandelikse nuusbrief ontvang indien jy opteken vir die kompetisie.  Ons deel nie jou informasie met enige iemand nie en is slegs vir kommunikasie tussen jouself en Mooi Troues.
  • Inskrywings sluit 11 Februarie 2019 en die wenner word voor of op 14 Februarie 2019 op mooitroues.co.za aangekondig.  Die wenner word lukraak gekies deur ons sisteem.
  • Mooi Troues sal geen inskrywings deel nie, jou privaatheid word gerespekteer.
  • Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  • Die prys kan nie verruil word vir kontant nie en/of enige ander produkte of dienste nie.
  • Aflewering en ekstras nie ingesluit in die prys nie.
  • Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes en die prys wat jy sal wen, sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  • Enige skendings op poging om enige van die termes en bepalings te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  • Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.

Artikel Krediet:

  • Teks verskaf deur Little Black Book PR
  • Teks aangepas deur Mooi Troues
  • Foto’s verskaf deur Georgini/Little Black Book PR