Wat moet op ‘n trou uitnodiging wees?

Vandag deel ons dié  artikel met jou van ‘n vraag wat ons vreeslik baie kry van Mooi Troues se lesers:  “Wat moet op ‘n trou uitnodiging wees?”   Dit is redelik eenvoudig en hang af van die formaliteit; of dit ‘n plaaslike of bestemming troue is én of dit ‘n gedrukte uitnodiging óf elektroniese uitnodiging is.

Gedrukte Uitnodigings:

Daar is soveel mooi gedrukte trou uitnodigings beskikbaar in Suid-Afrika.  As dit kom by gedrukte skryfbehoeftes moet jy eenhonderd persent  seker wees dat geen informasie later sal moet verander nie.  Maak seker dat jy kyk na die spelling op die skryfbehoeftes en dat jy dit vroegtydig laat ontwerp en in ag moet neem dat dit nog gepos moet word na jou gaste toe en jy moet jou gaste genoeg tyd gee om te RSVP.

Wat jy op jou gedrukte uitnodiging moet hê:

  • Paartjie se Name
  • Trou datum en tyd
  • Tiepe geleentheid  (skemerkelkie, formeel, aandete, middag troue ens.)
  • Adres waar die seremonie plaasvind
  • Adres van die onthaal, indien dit anders is as die seremonie adres.
  • Aanwysings of ‘n padkaart na die seremonie en onthaal.
  • Kleredrag beskrywing (formeel, informeel ens.)
  • RSVP sperdatum en hoe jy moet RSVP.
  • Kontak Besonderhede, indien iemand enige vrae het.

Ekstra:

  • Tema of kleurskema van julle troue (indien dit nie ‘n verrassing is nie)
  • Reis kostes wat deur gaste betaal moet word – indien dit ‘n bestemming troue is en gaste moet ver of oorsee toer vir jou troue.

Elektroniese Uitnodigings:

Wat jy op jou elektroniese uitnodiging moet hê:

  • Paartjie se Name
  • Trou datum en tyd
  • Tiepe geleentheid  (skemerkelkie, formeel, aandete, middag troue ens.)
  • Adres waar die seremonie plaasvind
  • Adres van die onthaal, indien dit anders is as die seremonie adres.
  • Aanwysings of ‘n padkaart na die seremonie en onthaal.
  • Kleredrag beskrywing (formeel, informeel ens.)
  • RSVP sperdatum en hoe jy moet RSVP.
  • Kontak Besonderhede, indien iemand enige vrae het.

Ekstra:

  • Verblyf plekke naby aan die venue en die kontak besonderhede.
  • Reis kostes wat deur gaste betaal moet word – indien dit ‘n bestemming troue is en gaste moet ver of oorsee toer vir jou troue.
  • ‘n Kort storie oor julle verlowing is altyd ‘n oulike idee.  Baie paartjies plaas ook ‘n video op hul trou webtuiste.

In Kort:

Albei gedrukte en elektroniese uitnodigings is baie dieselfde en die basiese informasie wat jy moet gee is presies dieselfde.   Met ‘n elektroniese uitnodiging wat geskakel word aan ‘n trou webtuiste is dit net ‘n bietjie makliker, omdat jy meer informasie kan by sit soos jy wil sonder om jouself te bekommer oor teveel addisionele kostes vir drukwerk nie.

Klik hier om na ons Trougids te kyk na ons fantastiese Skryfbehoefte ontwerpers.  Ons lys van die beste in die industrie, so jy sal verseker baie gelukkig wees as jy van hulle gebruik maak.

Artikel Krediet:

  • Artikel geskryf deur Mooi Troues
  • Foto’s:  Pexels