Thomas & Enid se besonderse troudag

Die troue van Thomas en Enid is besonders en ons by Mooi Troues is so bly dat die paartjie die fotograaf, Charl van der Merwe Fotografie aanbeveel was en nou kan ons die ongelooflike foto’s met Mooi Troues se lesers deel.  Die strooimeisies het elk ‘n Blou rok gedra van Gelique Couture terwyl hul elk die trougang afloop en ‘n hond vashou.  Diere is so spesiaal en ons is bly die vierpotig vriende kon deel maak van die spesiale dag.  Ons glo Thomas kon nie sy emosies keer toe hy die beeldskone Enid in die trougang af sien loop met ‘n trourok van Timeles Bridal Couture aan nie en Enid se hele uitrusting was pragtig afgerond met bykomstighede van Little Lace.

Wat was jul troudatum en hoe op was jul albei op dié dag?


16 Januarie 2018 en ons albei was 27.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Op die Universiteit van Pretoria in Ekonomie-klas in ons eerste jaar in 2010.

Hoe het julle verloof geraak?


Ons het gegaan vir ‘n staptog op Leeu Koppie in Kaapstad.  Ons het ‘n plekkie gevind waar daar geen ander mense was om ‘n mooi foto te neem nie.  Ons het ‘n vreemdeling gevra om ‘n foto te neem en toe het hy op een knie gegaan en voor net sonsondergang my gevra om met hom te trou.

Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?


Die eerste keer toe ons mekaar sien terwyl ek die trougang afloop.

Vertel ons meer van jul ringe.


Thomas het die ringe ontwerp deur Poggenpoel Diamond Jewelers.  Hy het ‘n klassieke ring gemaak van Palladium.  My ring het ‘n baie eenvoudige ontwerp, tesame met ‘n trou band.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Charl van der Merwe Fotografie en Bright Moon Videografie.  Ek werk in die trou industrie en was na Charl verwys.  Ons het ‘n trou-video gewen van Bright Moon gewen by ‘n bruidskou.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Absoluut niks, alles het perfek uitgewerk.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Moenie oor die klein dingetjies  bekommerd te wees as dinge nie volgens plan gaan nie, maar om eerder net met die vloei te gaan en elke oomblik te geniet.

Hoe het julle die venue gekies?


Vanaf die oomblik dat ons gegaan het en na die venue gekyk het, het ons geweet dis die plek waar ons gaan trou.  Dit het die regte kombinasie van buite en klassieke element wat ons gesoek het.  Die kapel was wat ons van die begin af oorreed het.

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Klassiek minimalistiese dekor wat geïnspireer was deur my gunsteling blom, Krismisroos.  Die lig Blou kleur van die blom was ingebring regdeur die dekor van ons troue.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


R150000 en dit was nie maklik nie, maar ons moes alles nagaan en baie van die fyner gedetailleerde dinge self gedoen het.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Bali was waarlik die wonderlikste vakansie wat ons kon gehad het. Ons is nie ‘n paartjie wat te lank kan stil sit nie, so ons het alles wat Bali kon bied probeer doen –  om ‘n vulkaan 2 uur in die oggend uit te klim, alle watersport en te bly in die oerwoud met ‘n romantiese aandete.

Diensverskaffers