Pierre & Hanita se romantiese woud verlowing fotosessie

Paartjies wat verlowing fotosessies het verkies om hemeltaal die teenoorgestelde te doen as vir hul troue.  Pierre en Hanita gaan op ‘n plaas in die Karoo trou en dus was die keuse vir ‘n verlowing fotosessie in ‘n digte bos ‘n goeie idee.  Nog ‘n plus punt is dat wanneer jul verkies om ‘n fotosessie is so ‘n digte bos te hou dat jul nie spesifiek vir die gewilde “Goue uur” hoef te wag nie, en dit mag selfs dan ook te donker wees onder die skadu van die bome.

As dit jou fantasie prikkel sal jy sommer baie van die foto’s hier onder hou.

Hoe het julle ontmoet?


Pierre het my aangetrek met sy spontaniteit en Hanita het my aangetrek met haar vriendelikheid en sagtheid.

Hoe het julle verloof geraak?


Ons het by Pierre se huis verloof geraak.  Ons was op pad om by sy ouers te gaan braai en voor ons ry toe vra hy ek moet saam met hom gaan en ek gaan toe.  Ons is toe na die braaikamer toe en toe ek daar instap toe sien ek dadelik die kersies en rose en bottel vonkelwyn.  In die middel van dit alles staan toe n ring boksie en toe ek dit sien draai ek dadelik om en toe sak hy op sy knie en vra my om te trou.

Wat was die inspirasie  vir die verlowing fotosessie?


Ek wou nog altyd baie graag in ‘n woud trou, maar intussen het my ouers op ons familie plaas in die Karoo ‘n venue gebou en hoekom dan nie gebruik maak daarvan nie.  Ons het toe besluit om ons verlowings fotos in die woud te doen en het ook ‘n romantiese plek gesoek.

Vertel ons meer oor jul ideale troudag


Ons droom troue is om ‘n romantiese troue te hê vol liefde en dat ons gaste hulself geniet.

Diensverskaffers