Hentis & Richerda se stylvolle, elegante & romantiese troudag

Ongeveer so 90km vanaf Kaapstad is daar ‘n karaktervol klein dorpie met die mooiste uitsigte.  Het Vlock Casteel is ‘n trou venue geleë net buit die dorpie en die venue bied die atmosfeer van ‘n ou kasteel.  Hentis en Richerda se troue was hier gehou en hul dekor was stylvol, elegant tog romanties.  Hulle het tafels in gehuur van Groenrivier Function Centre.  Die paartjie se spesiale oomblikke was vasgevang deur twee fotograwe en hul tweede fotograaf was Lucille Scheepers Photography.  Richerda se strooimeisies het elk ‘n Turkoois rok gedra van Bride&Co.

As jy opsoek is na ‘n klein dorpie om jou troue te hou sal jy gek wees oos die foto’s hieronder en ons weet ons gaan vandag paar toekomstige bruidspare oorreed om in die mooi Riebeeck Kasteel te trou.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


29 September 2018, Richerda (27) , Hentis (27)

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Hentis het lewensredding in die Strand gedoen en ek was by een van my vriendinne se afskeidspartytjie gewees einde Matriek, Hentis was ook daar gewees.  Ek het hom raak gesien maar glad nie belang gestel nie.  Sy eerste woorde aan my was “Jy gaan eendag my Vrou word.”  Ons het beide gedurende 2011 gestudeer in Stellenbosch, Hentis was ‘n 2de jaar student en ek ‘n 1ste jaar.  Ons het mekaar weer daar raak geloop en ons liefde het begin blom met die eerste oog opslag en ons reis het begin op 8 Februarie 2011… en die res is geskiedenis.  Dit was die begin van ons nuwe hoofstuk en nou ‘n sprokiesverhaal!

Hoe het julle verloof geraak?


Op ‘n vroeë Sondag oggend van 22 Oktober 2018, pak Hentis die koeler-boks reg om see toe te gaan.  Dit was ‘n koel oggend langs die Weskus.  Ons het die piekniek mandjie uitgepak en rustig gesit langs die see.  Hentis het af gegaan op een knie en die groot vraag gevra.  Ek het natuurlik “Ja” geantwoord sonder om twee keer te twyfel!

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Richerda se merkwaardige oomblik van die dag was toe die kerk deure oopgaan en ek weet in my hart met kalmte en rustigheid dat ek op pad is na my man toe.

Hentis se merkwaardige oomblik was toe ons vir die eerste keer in die venue instap as Meneer & Mevrou Burger en die dansbaan kon open en ons sprokies-aand kan begin! 

Vertel ons meer van jul ringe


Richerda het al lank voordat ons verloof was ‘n prentjie in haar kop gehad oor hoe haar ideale sprokies-ring moet lyk.  Sy het na Juwelier Hardy Maritz toe gegaan en vir hom verskeie prentjies gewys en van daar af het hy vir haar ‘n Roosgoud ring ontwerp.

Hentis se ring is ‘n Slangsteen wat effens swaar is, maar effektief vir mans wat baie met hulle hande werk.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ons het lank gesoek na die perfekte fotograaf om ons spesiale dag vas te vang op kamera.  Hentis is glad nie lief vir fotos nie, so ek moes dit ingedagte hou.  Ons het op Adele Kloppers se webtuiste afgekom en haar fotos het dadelik ons aandag getrek, omdat als so natuurlik is.  Met ons verlowing fotosessie het sy ons albei baie op ons gemak gehad en dit was baie lekker.  Adele is baie professioneel en sal haar vir enige iemand aanbeveel.

Ons videograaf vir ons grootdag was Kobus van Red Beard Productions.  Ek het gehou van die manier waarop hy sy video’s uiteen sit.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Ons as paartjie se advies vir toekomstige bruidspare sal wees begin vroegtydig beplan, daar is altyd ietsie wat kan fout gaan voor die tyd, sodat daar genoeg tyd is om dit te kan verander of vervang. Beplan saam as ‘n paartjie, dis die spesiaalste dag van die res van julle lewens saam.  Moenie altyd net vir duur goed gaan nie, mens kry baie oulike goed wat mens self kan maak op die internet. Doen goeie navorsing voordat jy finaal op iets besluit!  Duur is nie altyd die beste nie!!

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons as paartjie het van die begin af geweet ons wil graag is Riebeek Kasteel trou.  Ons het gekyk na al die omliggende venues wat daar is en wanneer hulle ook beskikbaar is.  Ons is baie bly ons het op die ou end op Het Vlock Casteel besluit.  Ansie het ons so mooi gehelp en dit het dadelik ons aandag getrek.  Ons het albei groot families en die saal is baie groot so niemand sal in mekaar se spasie wees nie.  Ons kon lekker rondspeel met dekor en blomme.  Ons het besluit op Roosgoud, Wit en Groen.  Ons wou als baie eenvoudig hou, maar wel stylvol, elegant en romanties hê.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons begroting vir ons troue was om en by R130 000 ons was onder ons begroting gewees en het 135 gaste onthaal.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Vir ons wittebrood het ons vir ‘n week gereis deur die mooie Suid-Kaap.  Ons het af geskop op Heroldsbaai en deur beweeg tot in Knysna.  Ons het so ‘n mooi land dat ons besluit het ons toer net in ons land en ontdek al die mooi plekkies en ons koester elke oomblik saam met mekaar.


Diensverskaffers