Flaminke Trou Skryfbehoefte Inspirasie

Flaminke is een van ons gunsteling voëls hier by Mooi Troues – daar is net iets spesiaal aan ‘n Flamink en die manier hoe hulle voorkom.  Fleur Design Studio het hierdie oulike stel Flamink geïnspireerde skryfbehoeftes vir jou ontwerp.  Hierdie stel skryfbehoeftes is pret en definitief iets uniek.  Alles tot en met die kleinste detail van die skryfbehoeftes werk saam.  Die gebruik van Groene, Geel en dan die Flaminke se pienk kleurskakerings werk perfek saam.  As julle ‘n paartjie is wat daarvan hou om anders te wees, dan sal hierdie skryfbehoefte stel perfek vir julle werk.

Artikel Krediet:

Skryfbehoeftes:   Fleur Design Studio