Woud geïnspireerde skryfbehoeftes

Die natuur is na ons hart by Mooi Troues en is mal daaroor as elemente van die natuur gebruik word in ons besige daaglikse lewens.  Fleur Design Studio het die mooi woud geïnspireerde skryfbehoeftes ontwerp vir jou spesiale dag.  Dit het dramatiese elemente soos die Wolf, Beer, Woud in die nag en dan ook sagter elemente soos die sonsopkoms.  Alles saam gee vir jou die hele gevoel van die verskillende elemente wat jy in ‘n woud sal vind.  Ons is mal oor hierdie skryfbehoeftes stel en voel dit sal perfek werk vir ‘n paartjie wat iets anders soek as die normaal en ook elemente van die natuurlewe wil implementeer by hulle troue.

Artikel Krediet: