Francois & Kelly se verlowing fotosessie

Die fotograaf van Michelle Kalp Photography het ‘n uitstekende werk gedoen om die oulike paartjie Francois en Kelly se verlowing fotosessie om die mooiste foto’s vas te van.  Dié paartjie is dol oor buitemuurse aktiwiteite en dus het hul toe die verlowing fotosessie of ‘n golfbaan laat doen wat definitief vir ons by Mooi Troues uniek is.  Sonder dat hul besef het was hul klere ‘n koraal-kleur en is Living Coral 2019 se Pantone kleur van die jaar.  Die koraal kleur het ook fantasties kontrasteer teen die grasgroen van die golfbaan.  Ons weet paartjies wat daarvan hou om die nuutste tendense te volg sal verlief wees op dié foto’s onder geneem deur die talentvolle Michelle Kalp Photography.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het

Jy kan maar sê dit was ‘n “blinde afspraak”.  Ons het tennis gaan speel, wat deur my ouer sussie en van haar vriende gereël is.  Ons het nie onmiddellik daarna mekaar begin sien nie, omdat ek in Potchefstroom gestudeer het en hy was hier in Pretoria, maar het weer na ‘n jaar ontmoet en ‘n “item” geword.  Ons geniet die feit dat ons nooit iets sonder mekaar wil doen nie. Hy sit my altyd eerste in alles en ons lag saam elke dag.  Ons verhouding is so vol liefde.

Vertel ons meer hoe julle verloof geraak het


Ons het besluit om vroeg in Desember te vakansie in Clarens, omdat ons toe al nog nooit voorheen alleen op vakansie was nie.  Ons het in die dorp bietjie rond geloop maar toe het dit begin koud word.  Ons het ‘n lekker kaggel gemaak en langs die vuur op kussings gesit en ons roomys geëet, wat ons vir nagereg gekoop het.  Francois gooi toe vir ons glasies sjampanje in en toe ek om draai om dit by hom te neem, is hy toe op een knie.  Ek was baie opgewonde en het onmiddellik “Ja” geskree.

Inspirasie agter verlowing sessie


Ons is ‘n paartjie wat baie geniet om saam gholf te speel en in die natuur te wees, daarom het ons besluit om die foto’s op ‘n gholf baan te neem.  Die kleur van ons klere was dieselfde as die kleurtema van ons strooimeisies en strooijonkers.  Ek, Kelly is ook baie lief vir die Koraal-kleur omdat dit vrolik is en dit staan uit in ‘n foto.

Vertel ons meer oor die besluit oor die verlowing fotosessie


Ons was toe al nooit voorheen betrokke by ‘n fotosessie nie, so ons het baie daarna uitgesien.  Dit was eintlik maklik om te besluit hoe ons sou optree in die fotosessie want, as ‘n paartjie, maak ons gereeld grappies en lag lekker saam.  So ons het maar besluit om dit so natuurlik te hou as moontlik.

Vertel ons meer wat het jul in gedagte vir jul droom troue


Ons is nou al vir ‘n paar maande getroud en ons het definitief ons droom troue gehad.  Vir ons het dit gegaan oor om n heerlike tyd te hê saam met vriende en familie en om ons liefde onder God se word te verklaar aanmekaar.

Ons hou baie van ‘n rustieke- en natuurlike voorkoms, en het probeer om by hierdie idee te bly met ons dekorasies.  Ons wou ook nie regtig ‘n tema gehad het nie, maar Kelly is van kleins af erg oor Suid- Afrikaanse voëls.  Sonder enige twyfel wou ons die lokaal laat uitstaan met pragtige gerbera’s, mooi liggies en voëltjie-idees.

Diensverskaffer

  • Fotograaf: Michelle Kalp Fotografie
  • Grimering: Jillian Roux – Blush Me Up Studio
  • Plek: Wingate Park Country Club
  • Hare: Hadi’s Barber Shop