Craig & Jessica se strand verlowing

Mooi Troues het al baie verlowing fotosessies gedeel met ons lesers wat op ‘n strand was en dié verlowing fotosessie van Craig en Jessica kom met ‘n kinkel … Alhoewel dit ‘n strand verlowing fotosessie is was daar die mooiste rotse en selfs ‘n grot!  Jy dink seker nou by jouself, maar waar is dié strand?  Ons het goeie nuus, dit is in Gordonsbaai.  Rol af en word geïnspireer deur die paartjie se foto’s en as julle iets anders wil doen dan is dit vol inspirasie vir julle.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Vir jare het ons dieselfde vriende gehad, sonder om te ontmoet en op ‘n kol het my vriendin my vertel van Craig.  Sy het gesê ons moet ontmoet, ons sal baie goede vriende maak, maar niks het daarvan gekom nie.  Maande later het ek Craig by ‘n braai ontmoet heel by “toeval”, sy was nie eers daar om ons voor te stel nie.  Na lang gesprek het haar kêrel vir my laat weet dat dit dié Craig is.  Ons het kort daarna weer ontmoet waar Craig my op ‘n afspraak gevra het.  Dis waarom ek glo vas ons bedoel is vir mekaar.  Dis tog die enigste verduideliking waarom ons eers ontmoet het toe “ die tyd reg was”

Vertel ons hoe het julle verloof geraak?


Dit was 26ste Desember 2016.  Ons Kersfees saam my ouers deur gebring en ek was heel vasbeslote ons Boxing day ook daar spandeer, maar Craig wou niks weet nie.  Hy het aangedring dat ons Kleinbaai toe ry en aansluit by ons vriende wat reeds daar was.  Niemand het van niks geweet nie, self toe Craig voorstel ons ry af strand toe vir ‘n “skemerkelkie” het ek niks verwag nie.  Op die strand het Craig die ring in my sjampanje glas gesit en ons vriende was daar om die groot oomblik saam ons te deel.

Wat was die inspirasie vir die verlowing fotosessie?


Ons is baie lief vir die buitelig en het die plekkie gekies omrede dit so pragtig is.  Dit het al die eienskappe van belangrike plekke in ons lewe.  Die Helder berge agter ons, die Rotse, die see en bietjie bos wat tog so na is aan ons harte.

Vertel ons meer van jul droom troue?


Een onvergeetlike aand saam ons geliefdes!  Twee dae voor ons troue vuur ons 10 jaar saam.  Dit is immers een groot Fees viering!

Ons het baie vriende in verskeie vriende kringe so dit was nie maklik vir ons om die troue so klein moontlik te hou nie, maar al die belangrike mense is genooi.  Vir ons gaan die aand soos ‘n groot reünie wees en ons kan nie wag nie!

Diensverskaffers