Cor & Jolene se koffie afspraak verlowing

Ons sê baie dankie aan die fotograaf Michelle Kalp Photography vir die pragtige foto’s van Cor en Jolene se verlowing fotosessie.  Die paartjie gaan die foto’s gebruik vir hul uitnodiging en Jolene het sommer dié geleentheid met haar grimering- en haarproef gebruik om gemaklik met die fotograaf te raak terwyl sy ook kan sien hoe haar grimering en hare op hul troufoto’s sal vertoon.  Bederf jou oë sintuig met die ongelooflike mooi foto’s geneem deur Michelle Kalp Photography.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het in Graad 1 ontmoet en het vir 3 jaar uit gegaan waar ons paadjies toe geskei het en na verskillende skole toe gegaan het. 10 Jaar later het ons mekaar weer raak geloop en was met die eerste oogopslag van voor af verlief en mekaar gegroet asof ons mekaar nooit weer wil los nie.

Cor se lewenslus en entoesiasme oor die lewe, sy lag en die manier waarop hy my insereer om meer/beter te doen en in myself te glo om meer hoogtes te bereik. Die manier waarop hy trane spoedig in ‘n glimlag kan verander, Sy omgee hart en die feit dat ons dieselfde geloof deel.

Jolene se aantreklikheid, die feit dat sy so plat op die aarde is en my so gemaklik laat voel. Haar oulike skaam gesiggie. Haar terug getrokkenheid en self vertroue.

Vertel ons meer hoe julle verloof geraak het?


Cor het vir ‘n geruime tyd al gesê hy wil hê ons moet gaan perd ry en op die 26 Ste Augustus 2018 gesê dat hy dink ons vandag moet gaan.  Ek het eers gesê nee ek is besig en kan nie vandag nie. Cor se toe hy gaan net bel en hoor of daar ‘n plek oop is wat hy toe gedoen het (min wetend als was klaar gereël en het gemaak of hy met hulle oor die foon praat).  Hy se toe nee hy dink ons moet gaan dit sal my nuwe perspektief gee.

Nou ja, ons het daar aangekom by La Wida lodge op pad Hartbeespoort dam se kant toe.  Die vrou het gesê omdat ons “laat” bespreek het sal ons ongelukkig nie saam met die groep kan gaan nie maar alleen saam met die gids.

Soos ons deur die bos tussen die wild met die perde loop se die gids dat daar kameelperde water drink daar onder maar perde kan nie tot daar gaan nie, as ons wil gaan sal ons tot daar moet loop. Heel opgewonde klim ons af en stap soontoe, daar was toe geen kameelperde nie maar wel n baie mooi romantiese piekniek opgestel met blomme, peuselhappies, sjampanje en hartjies wat hang- ek was eers nie seker of dit nou wel vir my is nie totdat hy gesê het hy het nog ‘n verrassing en op sy knee gegaan…ek was so verstom/sprakeloos so dat hy sommer nog ‘n toespraak begin het asof hy my wil oortuig om ja te se, ek stop hom toe en sê Ja, Ja natuurlik!

Baie goeie vriende van ons kom toe om die draai waar hulle in die bos weg gekruip het om die oomblik vas te vang wat toe bygedra het tot die spesiale oomblik.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Daar is ‘n paar goed waaroor ek, Jolene, behep is, die bos/natuur, hartjies en koffie!  Ons wou graag oomblikke vas vang wat ook tot ons persoonlikheid spreek.  Ons het reeds mooi foto’tjies in die bos met die perde gehad met ons verlowing en besluit toe om die koffie idee te gebruik asook die skoonheid van die natuur.

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Eerstens wou ons gemaklik raak met die fotograaf en werklik sien hoe hulle is en hoe hulle werk.  Tweedens wou ons ook kyk hoe die grimering- en haarproef op die fotos lyk.  Ons wou ook sien hoe ons lyk en of ons op die groot dag anders moet maak op die foto’s. Ons wou ook die foto’s gebruik vir die uitnodigings.

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


‘n Dag waar al ons familie en goeie vriende saam ons die spesiale dag kan geniet en getuies wees waar ons een word voor God.  Dit is vir ons belangrik om die dag van begin tot einde in te kan neem en elke oomblik te geniet. ‘n Dag waar alles nie net is soos ons as kinders dit gedroom het nie maar soveel meer.  ‘n Dag waar al ons verwagtinge oortref word, die kos lekker is almal dans, lag en lekker kuier. “n Onvergeetlike dag.

Diensverskaffers