Afrika geïnspireerde gestileerde fotosessie

Anneska van der Spoel van Mudboots Photography het met ‘n idee van Afrika dekor inspirasie opgekom en ‘n groep diensverskaffers genader wat sy weet sou die idee perfek uitbeeld.  Suid-Afrika is vol verskillende kulture wat elk met hul eie unieke patrone en paartjies kan dié patrone van hul gunsteling kultuur mooi implementeer in hul trou dekor.  Rol gerus af en sien hoe mooi inspirasie Afrika bied.

Wie het die fotosessie gereël?


Die Fotograaf, Anneska van der Spoel van Mudboots

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


Inspirasie was definitief glas tafel met swart en wit.  Ek wou bietjie wys hoe mens ‘n elegante Afrika styl trou kan doen.  Dit voel vir my ek sien so baie troues waar hulle probeer het om Afrika in te bring maar op die ou einde lyk dit goedkoop.  Daar is soveel potensiaal in ons land en ons het soveel mooi dinge.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die venue was gekies, eerstens dit is ‘n baie nuwe venue wat nog nie n styl ontwikkel wat mens soveel keer anders onbewus navolg nie.  Hulle het die pragtigste bos area asook baie plein mure om ‘ n skoon voorkom te kan kry.  Hulle pragtige tuine en groot onthaal area is letterlike asemrowend.

Shifting Sands se rokke was een van die mees belangrikste verskaffers.  Sonder die pragtige Afrika styl rokke sou ons beslis nie die regte gevoel kon skep nie. Sanette het gehelp met die stilering van die hele uitrusting, asook die juwele.

Karle is een van die beste grimeerkunstenaar in Bloemfontein en ek het geweet as daar iemand is wat ‘n Afrika voorkoms op n elegante manier kan doen sal dit sy wees. Glo my maar dis nie net kolletjies nie.

Ek en Marisa van Oh Crop het al voorheen saam gewerk en daarom het ek haar vertrou om die perfekte skryfbehoeftes by te verskaf.

Monique van Hartslief Dekor het my vissie verstaan en dadelik verstaan wat ek bedoel met elegante Afrika. Sy en Karle het ook n belangrike rol gespeel met die stilering.

Agter die skerms inligting bv. probleme met onvoorsiene omstandighede


Ek was bietjie te optimisties en wou eintlik twee style skep, een meer Olyf kleure gemeng met swart en wit en een meer Afrika swart en wit.  Die patrone op die koek was op die ou einde meer Zulu terwyl die klere ek dink meer Sotho patrone was.  Ek besef nou mens moet eerder net vir een styl gaan want dit maak die ander verskaffers bietjie deurmekaar.  Maar alles het op die ou einde by mekaar gekom.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Ek dink maak seker jy weet presies watter patrone pas by watter kultuur.  Dit werk om hulle te meng maar ek sou dit eerder bewustelik wou doen as perongeluk.

Diensverskaffer