Zakkie & Bernine se buitelug verlowing fotosessie

Zakkie en Bernine is op hul gemak in die natuur en daarom is ons nie verbaas dat dit hul inspirasie was vir hul verlowingsfotosessie.  Die foto’s onder met die fiets bring tog ‘n prettige element.  Ons by Mooi Troues hou van die idee wat gebruik was met Bernine se verloofring op ‘n fiets se band.  Ons weet Mooi Troues se lesers sal baie van die fotosessie hou so rol af en word geïnspireer.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het op Universiteit ontmoet waar ons saam geswot het.  Daarna is ons paaie uitmekaar toe ons begin werk het. Na 2 en ‘n half jaar se werk het ons altwee op geëindig in PTA waar ons begin uitgaan het.  Zakkie is snaaks en so ‘n gentleman.  Bernine is baie skaam en het die mooiste lag.  Verder het ons goeie vriende geword toe ons saam geswot het, so dit het dit maklik gemaak om die volgende stap te vat.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Ons het vir ‘n week weggebreek Clarens toe.  Op ons gunsteling staproete, bo-op die Brandwag Buttres by Golden Gate het ek haar gevra om te trou.  Nadat ek haar gevra het om te trou kon sy nie ophou lag vir 5 minute nie tot ek haar weer moes vra vir ‘n antwoord waarna sy uiteindelik ja gesê het.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons is altwee lief vir die natuur en buitelewe en voel op ons gemaklikste daar.  Verder het ons maar ons fotograaf se leiding gevolg.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ons droom troue is waar al ons vriende en familie saam kan kom en kuier.  Ons wou dit graag in Graaff-Reinet, Bernine se tuisdorp hou en om te pas by die platteland moes die tema ook eenvoudig tog elegant wees.

Fotograaf: Ahee Photography