Michael & Nina se glansryke plaastroue

Mooi Troues is baie opgewonde om met ons lesers die troue van Michael en Nina met julle te kan deel.  Nina het verskillende elemente en kleure saam gebring soos Roosgoud, Grys, Blospienk romanse, vintage, plaas, elegant, industrieel, glansryk en dit ongelooflike mooi saam gewerk.

Hulle het ook prettige kinder foto’s van hulself by die seremonie area onder die bome gehang waar paartjie eg aan mekaar gesweer het voor hul familie en vriende en die groenigheid in die foto’s simboliseer Michael en Nina se nuwe lewe saam as Meneer en Mevrou.  Ons hoop julle geniet Michael en Nina se troue net so baie soos ons geniet het om die artikel vir julle voor te berei.

Wat was julle trou datum en hoe oud was jul albei op dié dag?


21 April 2018 en Michael was 26 en Nina 25

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons het mekaar by Robert (my beste vriend) se 21ste verjaardagpartytjie ontmoet.  Robert is Michael se neef en hy het die partytjie saam met sy familie bygewoon.  Die partytjie was in Hartbeespoort en a.g.v ‘n reënstorm het ek amper nie gegaan nie!  Gelukkig het my ma spesiaal vir my ‘n minnie-muis rok gemaak wat my laat besluit het om die reën op pad te trotseer. Michael het soos ‘n voëlverskrikker aangetrek.  Dit was liefde met die eerste oogopslag vir Minnie en Mickey!  Vyf jaar later het ons besluit om dit verewig te maak.

Eurosuit Eurosuit Eurosuit Eurosuit

Hoe het julle verloof geraak?


Michael het my by Faerie Glen Natuurreservaat verras met ‘n romantiese Minnie en Mickey piekniek.  Ons twee skaaphonde was ook daar!  Na die piekniek het ons verder feesgevier saam met ons familie met koek en sjampanje.

Eurosuit

Vertel ons meer van jul ringe.


Nina se ring is ‘n Halo-snit ring van Browns the Diamond Store af.

Michael se ring ‘n Tungsten swart ring van Touchwood af.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


August Photography word besit deur Eugene en Karina (‘n getroude paar) wat saamwerk om asemrowende foto’s te neem.  Hulle beligting en oog vir detail is legendaries.  Eugene en Karina het baie pret verskaf om ons dag nog lekkerder te maak.  Die pakket sluit in: ‘n verlowings-fotosessie, ‘n fotohokkie, 9 ure se neem van foto’s op die dag, ‘n trou album, ‘n onthou-ons-trou kaartjie (Ontwerp deur ENCO) en twee A3 foto’s wat op hout gedruk is.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Niks nie, alles was presies soos wat ek dit wou gehad het.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Begin met ‘n behoorlike begroting, doen baie navorsing en onthou, baie ongelooflike plekke en diensverskaffers is nie die eerstes wat verskyn op google soekenjin nie.  Ondersteun mense en produkte wat naby is en kry ‘n betroubare span mense om jou te help.

Browns Jewellery

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Op die 21ste April 2018 het ek en Michael belowe om mekaar vir altyd by te staan as man en vrou, deel van ‘n span.  Niks kon my voorberei op hoe perfek en ongelooflik mooi ons dag sou verloop nie.  Towerspel is die woord wat my telkens byval as ek aan ons troudag dink.  Ek is weer daaraan herinner dat sprokies kan waar word toe ek aan my pa se arm by die bos-kerk instap en die man van my drome daar sien staan. Soos in ‘n sprokie het ons die aand omgedans.  Elke oomblik was perfek omdat ons omring was deur die mense wat vir ons lief en dierbaar is.  Ek sou niks anders wou gehad het nie.

Hoe het julle besluit op die venue?


Ek wou ‘n plek gehad het waar ek my eie idees kon uitleef sonder om gebind te wees aan bestaande dekor.  De La Mas Venue se wit gewaste mure en Tiffany styl stoele het my bekoor asook die kapel in die bos wat perfek by my feetjie bos-troue idee ingepas het!  Die “man grot” was die ideale plek vir Michael en sy strooijonkers en die bruid-kamer die perfekte kleur en styl vir die bruid en strooimeisies.

De La Mas VenueDe La Mas Venue De La Mas Venue De La Mas Venue De La Mas Venue De La Mas Venue

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Die Venue het ‘n romantiese, vintage plaas gevoel.  Ek het besluit om dit te kombineer met industriële vintage-glansryk styl dekor.  Die kleurpalet was roosgoud, grys en blospienk.  Maryke en die span by Love and Grace het seker gemaak dat alles perfek was.

De La Mas Venue De La Mas Venue De La Mas Venue De La Mas Venue De La Mas Venue De La Mas Venue De La Mas Venue

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


R150,000 – Michael doen as ‘n ingenieur baie projek-bestuur en hy het seker gemaak dat ons binne die begroting bly.  Ek het ‘n paar dinge self gedoen om kostes te bespaar en baie navorsing gedoen om die regte diensverskaffers te kry wat nie buitensporig duur is nie.

wedding cake

Vertel ons oor jul Wittebrood?


Ons sprokie het aangehou- tot in Bali!  Kos, mense en natuurlik die geselskap het gesorg vir die perfekte vakansie.  Die geloof van die plaaslike inwoners dat jy terug kry uit die lewe wat jy insit, dra by tot die atmosfeer van vertroue en goedheid.  Skemerkelkies op die strand, ongelooflike kos en goeie geselskap, kan enige iets nog beter raak?

Eurosuit

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: