Johan & Marcélle se wegloop troue in Frankryk

‘n Wegloop troue in Parys, Frankryk was dié Suid- Afrikaanse paartjie, Marcélle & Johan se idee van trou beloof aan mekaar.  Met die Eiffel-toring in die agtergrond en slegs ‘n paar gaste aan hulle sy, het hierdie paartjie die knoop deur gehak.  Alhoewel ‘n onbeplande hael storm hulle planne om na hulle seremonie op die Seine Rivier te gaan feesvier hulle planne omver gegooi het, was hulle gestrand in die hotel gesamentlik met hulle gaste.  Hulle reken dat mens eerder jou geld moet spaar wat jou dekor en venue aantref en op ‘n behoorlike wittebrood moet gaan waar mens meer op verblyf kan spandeer.  Die fotograaf wat hulle pragtige foto’s geneem het, het saam met hulle op hulle avontuur na Parys gegaan.  Marcélle het egter twee verskillende bruidsrokke gedra.  Sy het ‘n deftige kant rok aangehad tydens die seremonie en vir hulle paartjie foto’s het sy ‘n elegante minimalistiese rok gedra.  Ons hoop julle geniet die res van die artikel.

Wat was jul troudatum en hoe oud was julle albei op dié datum?


22 Mei 2018.  Albei is 30 jaar oud.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons het mekaar by ‘n sosiale geleentheid ontmoet.  Aan die einde van die aand het Johan na my toe geloop en gevra of ons nie iewers ‘n drankie wil gaan drink nie.  Ons het toe saam met ons pelle vir ‘n nagsopie gegaan, en die res was geskiedenis.

Wie was jul fotograaf en videograaf gewees?


Kusjka… waar begin ons.  Ek is al vir baie lank ‘n groot aanhanger van haar werk.  Nie net is sy ‘n ongelooflike kunstenaar nie, maar sy het ‘n goue persoonlikheid.  Ons kan nie genoeg dankbaar wees vir haar ongelooflike talente, haar kreatiewe insette en die feit dat sy ingestem het om saam met ons te gaan nie.

Hoe het julle verloof geraak?


Johan het my verras met ‘n vakansie na Bali vir my 30ste verjaarsdag.  Ons was in Ubud (daar waar EAT PRAY LOVE geskiet is) die dag toe hy my gevra het.  Ons het vroegoggend gaan fietsry deur die ryslande.  Ons moes toe natuurlik stop vir ‘n foto of 5.  Hy het my toe verder laat loop deur die lande, toe ek omdraai staan die man op sy knie…

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons het slegs ons vliegtuigkaartjies gehad om te betaal en ons eerste 2 nagte se verblyf.  Ons het besluit om ons eie fotograaf en pastoor saam te vat, aangesien dit goedkoper was as om in Parys iemand te kry om die dienste te lewer.  Na ons troudag was ons dadelik om wittebrood waar ons in Italië en Spanje getoer het.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons was 3 weke in totaal in Europa, waarvan die 1ste twee dae vir die troue uitgesit was.  Ons het begin in Parys.  Na dag 2 (die troudag), het ons vir ‘n week lank in Parys gebly, waar ons alles moontlik gesien en ervaar het.  Ons moet bieg, Parys het ons harte gesteel.  Daarna is ons na die kuslyn van Frankryk, waar ons getoer het na Italië en Spanje.

Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?


Ons het beplan om die aand na ons seremonie per boot op die Seine rivier te gaan feesvier.  Net voor ons die hotel wou verlaat het dit begin hael… hael nie reën nie… So dat meeste van ons familie gestrand was saam met ons in die hotel, aangesien die metro onder water was.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Spandeer julle geld aan ‘n ordentlike wittebrood.  Los daardie ekstra uitgawes en gebruik die geld eerder om julle verblyf te opgradeer.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Nee wat, mens kan niks verander as mens in Parys trou nie. Parys is Parys!

Hoe het julle die venue gekies?


Na weke se stry oor ons gastelys, het ons besluit om ‘n weglooptroue te beplan.  Ek het ‘n ongelooflike aanbod gekry vir vliegtuigkaartjies na Parys, en net daar het ons besluit dat ons in Parys sou trou.

Hoe lyk die ontwerp van jul ringe?


Marcelle: My ring is tydloos – Ek het ‘n 1.2ct peer vorm Diamant wat geset is in geelgoud. Om die diamant is daar kleiner diamante wat die hoof steen raam. My troupant bestaan uit wit en pienk diamante.

Johan: Ons het vir Johan ‘n 4mm geelgoud D-vom pant laat maak wat by sy horlosie pas.

Diensverskaffers: