Industriële Skryfbehoefte stel

Die asemrowende skryfbehoeftes wat ek vir my gestileerde fotosessie gebruik het was egter deur Oh Yay, ontwerp, gemaak en verskaf. Klik hier om na die gestileerde fotosessie te kyk.  Ek het ‘n vol stel ontvang wat perfek gepaard gegaan het met my tema en dekor. Ek het vir haar my idee wat ek in gedagte gehad het deur gestuur en sy het haar eie inisiatief gevolg en met hierdie pragtige skryfbehoeftes vorendag gekom. Die kleur skema was bitter goed geïmplementeer en ek was so beïndruk met die uitkoms van dit gewees.  Die was ongelooflik lekker gewees om met so passievolle besigheid te gewerk het wat saam met ‘n mens opgewonde is oor die spesifieke projek en Emmerentia het sonder twyfel uitstekend van haar taak gekwyt.  As jy opsoek is na skryfbehoeftes vir jou spesiale geleentheid sal ek beslis Oh Yay voorstel.

Artikel krediet:

Skryfbehoeftes: Oh Yay