Gaste Perspex naambordjies

Die nuutste modegier is dus om so min as moontlik gebruik te maak van papier.   Oh Yay is ‘n uitstekende voorbeeld van hierdie konsep as dit kom by sitplek name.  Hulle nuutste is om hierdie name van Perspex te maak.  ‘n Mens kry verskillende materiale waarvan jy kan kies soos wit, swart, goud spieël asook silwer spieël.  As jy opsoek is na Perspex name vir jou troudag, kan jy gerus na Oh Yay gaan.  Hulle het ook ‘n aanlyn-winkel waarop jy jou spesifieke materiaal kan kies.  Dit is iets nuuts en beslis iets anders as die gewone.  Hierdie oulike idee sal hopelik meer en meer by troues en funksies gebruik word om ons bome te spaar.  Hierdie sitplek name kan ook weer gebruik word indien die gaste dit huis toe wil neem.  Dit is beslis ‘n kreatiewe manier om doodgewone sitplek name op te kikker en jou gaste te beïndruk.

Artikel Krediet: