Fourie & Carmen se verlowing fotosessie

Hierdie verliefde paartjie het ‘n besonderse mooi verlowings fotosessie met Charlene Prinsloo gehad en vandag wys Mooi Troues vir julle die resultate daarvan.  Dit was ‘n spontane, ontspanne fotosessie gewees waar hulle bloot net hulle liefde vir mekaar wou vasvang en tesame daarmee ‘n prettige tyd te hê.  Op ‘n ysige koue winters dag in die karoo het Fourie op sie knie gegaan en aan Carmen die groot vraag gevra.  Hulle beplan ‘n intieme plaastroue saam met hulle familie en vriende en om voor almal hulle liefde aan mekaar te verklaar.  Mens kan sonder twyfel die paartjie se liefde en passie aanvoel en aanskou in hierdie fotosessie, wees seker om na die res van die foto’s te gaan kyk.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons het mekaar ‘n paar jaar gelede by ‘n kuier ontmoet, waar dieselfde vriende van ons ons genooi het.  Met die eerste oogopslag het ek geweet dat sy my trou-vrou boerenooi is.  Dit is Carmen se lojale warm hart, goeie humorsin en positiwiteit wat my hart laat vinniger klop.  Ek het geglo en bly hoop dat ons dieselfde lewenspad saam sal loop.  En tot vandag, is dit haar openhartigheid vir ander om haar en haar lewenslus wat my ‘n beter persoon maak.

Vertel ons meer van jul verlowing?


Dit was ‘n ysige koue winters dag in die karoo.  Ek het haar dringend in die plaasbakkie gelaai op pad om na ‘n “siek bees” te gaan omsien.  Terwyl ons in die veld stap en sy nog op pad was om oor die draad te klim (my boeremeisie in murg en been), het ek haar terug gehou en op die knieg afgegaan en haar gevra om met my te trou.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


My inspirasie vir ons fotosessie was dat ons albei spontaan en gemaklik moet wees.  Dit was ons heel eerste fotosessie saam en met ons vriendelik en energieke fotograaf en haar goeie oog, was die fotosessie baie gemaklik en vet pret.  Ons het dit vreeslik geniet en kan albei nie wag vir die fotosessie op ons trou dag nie.

Vertel ons van jul droom troue?


‘n Klein intieme troue plaas troue met familie en vriende, om teenwoordig te wees wanneer ons ewige liefde en trou aan mekaar beloof vir ons nuwe lewenspad saam met God aan ons sy.  Familie en vriende teenwoordig gaan die mooiste wonderlikste dag van ons lewe saam met ons deel.

Diensverskaffers: