Aalwyn geïnspireerde eksentrieke fotosessie

Hierdie vreeslike eksentrieke fotosessie gee ‘n aardse gevoel met die warm kleure wat na vore kom.  Die feit dat die foto’s in die “Goue Uur” van die dag geneem is, gee dit ‘n ekstra gevoel aan die foto’s en skep dit ‘n natuurlike tog lewendige tema.  Die piekniek in die veld met die Aalwyn plante as agtergrond het net gewys hoe minimalisties ‘n mens eintlik iets kan maak en dit steeds ‘n indrukwekkende invloed kan afgee.  Daar is glad nie ingewikkelde dekor ter sprake nie en dit kan beslis self gedoen word sonder enige onnodige kostes verbonde.  Die modelle wat met die interessante perde staan, gee ‘n idee van vrye gees en beklemtoon hoe belangrik dit vir die mensdom is om ‘n interaktiewe verhouding met die natuur aan te gaan.  Die sonsondergang verskaf die mooiste lig met die beste agtergrond.  Die foto’s gee beslis vir my inspirasie en skep die geleentheid om buite die boks te dink asook om anders as die res te wees.

Wie het die fotosessie gereël?


Bianka Lingenfelder (die grimeerkunstenaar) het die potensiaal gesien en het uitgereik na al die diensverskaffers.  Die diensverskaffers het toe saam gespan en het toe bygedra om die fotosessie ‘n sukses te maak

Inspirasie agter die fotosessie?


Die inspirasie het ontstaan uit die landskap waar ons geneem het.  Dit was oortrek met Aalwyne in blom. ‘n Prentjie wat nie misgekyk kon word nie!  ‘n ‘Idee bord’ was geskep deur ‘n kleurskema en tema te identifiseer wat ‘n eenheid vorm met die Aalwyne.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Omdat die tema so spesifiek was, was ‘n span gekies wie se styl perfek saam pas en die konsep die beste tot lewe sou bring.  Die fokus was om ‘n platform te skep vir lokale talent om hul passie te vertoon.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Om te sien hoe alles bymekaar gekom het.  Bianka en Hermuné Pienaar (die fotograaf) het al die ‘toneelrekwisiete’ van hulle huise af gebring en op die dag alles saam gesit.  Die opgewondenheid, liefde en passie van elke diensverskaffer was prominent deur die hele fotosessie.  Dit is nie iets wat mens elke dag mee te doen kry nie.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Kies diensverskaffers met ‘n soortgelyke styl aan die inspirasie.  Dit is so belangrik om iemand te kies wat nie net ‘n goeie diens verskaf nie, maar ook iemand wat jou idee kan in sien en laat realiseer.  Moet nie bang wees om die ekstra myl te gaan en te eksperimenteer en nuwe idees te implementeer nie.  Die perde in hierdie fotosessie was ‘n uitdaging, maar het ‘n groot bygedra tot die sukses van die projek gehad.

Diensverskaffers: