Sheldon & Shannon se troudag

Van Fisiese Wetenskap ekstra klasse tot vriende, verloofdes en uiteindelik getroudes.  Hierdie paartjie stap al ʼn lang pad saam.  Daar was ʼn redelike klomp uitdagings na hulle kant toe gegooi, maar hulle het deur gedruk en is nou dol gelukkig getroud.  Bride & Co het Shannon se pragtige rok gemaak en Lilly Leigh Photography het die spog geleentheid vasgevang met haar kamera.  Hulle is albei natuur liefhebbers en daarom het hulle ʼn buite troue in Pretoria gehou.  Volgens hierdie paartjie moet mens elke aspek van die beplanning ten volle geniet en die groot oomblik inneem.  Ons hoop julle geniet die artikel.

bridesmaids dresses

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié datum?


Ons troudatum was 10 Maart 2018 gewees. Shannon is 26 jaar oud en Sheldon 24.

bridesmaids dresses wedding dresses

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons het 8 jaar gelede ontmoet toe ek vir Sheldon ekstra skeinat klasse gegee het.  Oor die jare het ons baie goeie vriende geraak.  Sheldon het vir ʼn jaar in Frankryk op die seiljagte gaan werk, maar ons het elke liewe dag gepraat. Sodra hy huis toe gekom het, het dinge in plek begin val en dit was toe dat ons begin uitgaan het.

wedding dresses

wedding dresses wedding dresses

Hoe het julle verloof geraak?


Ons het pas in ons nuwe huis ingetrek en Shaldon het gesê hy wil ons eerste ete in ons nuwe huis  vir my kook. Ek het terug gekom van die werk af en sop tussen deur die bokse en tasse is waar ons toe gesit en eet het. Dit is waar hy toe daardie aand die groot vraag gevra het.

bridesmaid dresses wedding dresses

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


My advies wat ek vir julle kan gee is om elke oomblik ten volle te geniet. Daar gaan baie tyd in die reëlings en beplanning van ʼn troue, maar binne ʼn oogwink is die dag verby. Geniet dit en geniet dit om verloof te wees. Die algehele beplanning wat met die troudag gepaard gaan moet ook geniet word en elke oomblik moet gekoester word. Jy is die enigste persoon wat weet hoe dit veronderstel is om te lyk.  Jy trou met jou lewensmaat en die persoon wie jy oneindig lief het, dit is die belangrikste en al wat saak maak op die ou einde.

wedding dresses

Wat sou julle verander indien moontlik?


Eerlikwaar sou ek niks wou verander het aan die dag nie.  Alles was volgens my perfek gewees en dit is beslis ʼn dag gewees wat ek verewig sal onthou en koester.

photographers in pretoria

Wie was jul fotograaf en videograaf gewees?


My oorspronklike idee wat ek gehad het toe ek opsoek was na ʼn fotograaf en videograaf was om iemand te kry wat die hele ervaring so maklik as moontlik vir ons sal maak. Elke foto wat Lilly geneem het waarna ek gekyk het, was moeiteloos en sy het die mooiste oomblikke so goed vasgevang op kamera.  Om haar te kies was ʼn baie maklike besluit vir ons gewees.  Ek het van Andre se vorige video’s gaan kyk en hy het dit laat voel of ek self by elke troue was.

photographers in pretoria wedding dresses photographers in pretoria photographers in pretoria wedding dresses photographers in pretoria photographers in pretoria wedding dresses photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria

Vertel ons meer van jul ringe


Ek het nog altyd van ʼn vierkantige ontwerp gehou as my verloofring.  Ek het nie ander spesifikasies of voorkeure gehad oor die res van die ring nie, behalwe die vorm. Die eerste keur wat ek my oë op hierdie ring gesit het, het ek geweet dat dit is die ring wat ek nog altyd wou gehad het.  Ek kon ook Sheldon se eie styl sien wat dit mooi gemaak het. Vir my trou band wou ek net iets eenvoudig doen wat my verlowingsring komplimenteer en nie van sy eie skoonheid wegneem nie.  Sheldon wou iets anders gehad het, ‘n mengsel van verskillende metale en teksture, hê.  Hy het ‘n silwerband met ‘n koper inlegsel gekies en die ring het ‘n ingehamerde effek gehad.

photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses

Hoe het jul die venue gekies?


Ek wou nog altyd in die buitelig getrou het, tussen die bome en die natuur.  Ek het geweet dat ek my plek so moet kies dat dit vir my daardie aspekte kan bied.  Een van my strooimeisies het vir my De La Mas voorgestel en toe ons die groot buite oop spasie sien waar die onthaal kon plaasvind en die groot blou deure van die skuur het ons geweet dat dit die ideale plek vir ons troue sal wees.

venues in pretoria

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons begroting was R130 000 en ons het 160 gaste genooi. Ons het op drie aspekte gefokus wat volgens ons die belangrikste was om bietjie meer geld op uit te gee.  Die goed wat dus minder belangrik in ons oë was, het ons self probeer maak of kry en ons het ʼn groot bedrag op daardie aspekte probeer spaar.  Die plek, die fotograaf asook videograaf, die kos en die musiek was afdelings waarop ons nie suinig wou wees nie.  Ons wou fantastiese kos vir ons gaste verskaf sodat hulle regdeur die aand lekker kon dans met die beste oomblikke en goeie herinneringe van ons troue.  Die rok, pak en blomme was die volgende belangrike kategorieë op ons lysie.  Ons het baie van ons dekor self gedoen met die hulp van ons albei se Ma’s en ons het baie geld probeer spaar met ons uitnodigings.  Ons het ʼn ontwerp van die internet afgetrek en die uitnodigings elektronies uitgestuur.

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Ons albei wou nog altyd iets baie natuurlik en rustiek gehad het. Ons hou van baie minimum dekor, skoon lyne en aardse kleur soos wit, grys en groen.  Shaldon is baie lief vir rotsklim vanaf ʼn baie jong ouderdom af en hy se hy voel op sy beste as hy in die natuur is.  Dit is egter die gevoel wat ons in ons dekor wou vas vang en uitbeeld.

venues in pretoria venues in pretoria

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: