Delft-geïnspireerde uitnodiging

Vandag se skryfbehoeftes herinner aan die alombekende Delft-patrone wat deesdae gereeld te siene is by funksies en selfs in dekor opsies.  Something Gold  het vandag aan ons iets soortgelyk verskaf deur by die kleurskema te hou, maar die tradisionele patrone te vervang met ‘n roos-motief.  Die motief is op beide die uitnodiging en binnekant van die koevert gebruik wat die hele prentjie baie mooi saambind.  Die skryfbehoeftes is elegant, eenvoudig en voel beslis weelderig.  Kontak hulle gerus as hierdie lyk na die tipe skryfbehoeftes waarvan jy sal hou!

Artikel Krediet: