‘n Weelderige gestileerde fotosessie

Vandag bied Salt ‘n Pepper Photography tesame met verskeie ander diensverskaffers weer ‘n uitmuntende eindresultaat in die vorm van ‘n gestileerde fotosessie by Shepstone Gardens in Johannesburg.  Die fotosessie het ‘n algehele gevoel van adellikheid tussen die ou geboue en ryk kleurpalet wat deurentyd gebruik word.  In dié artikel word daar meer vertel oor die kleur keuses asook hoe daar besluit is om elke klein element by te voeg tot die algehele prentjie.  Nie net lyk die model ongelooflik elegant nie, maar die diensverskaffers het ook ‘n pragtige tafel uiteengesit met breekware wat jou herinner aan Mervyn Gers tipe keramiek produkte, ‘n slim idee as jy wil wegskram van die gewone breekware vir jou tafel.  Algeheel kan die Mooi Troues span net sê dat hierdie weereens ‘n uitmuntende eindresultaat is.

Wie het die fotosessie gereël?


Stefan van Salt ‘n Pepper Photography het aanvanklik alles begin reël en van daar af het almal aanboord gekom en die reëlings saamgedoen.

Hoe het julle die span diensverskaffers gekies vir die projek?


Hierdie verskaffers wat gekies is verteenwoordig ‘n sekere styl en het almal baie passie vir wat hulle doen. Ons het almal ‘n liefde vir mooi stilerings elemente en die ontwerp van ‘n unieke tafel vir ‘n paartjie se tema. As trou vakkundiges het ons saam met byna elke plaaslike verskaffer gewerk en kan ons die beste aanbeveel deur ons gestileerde fotosessies.

Wat was die inspirasie vir jul fotosessie gewees?


Ons wou gaan vir welige, gewaagde kleure met ‘n diep Boergondie inspirasie, met ‘n paar welige pienk kleure in die Bourgondie kleurpalet ingevoeg om die dramatiese eetgerei saam met die swart tafeldoek, grys tafeldoek, goue dekor, Boergondië en donkerblou kerse op te kikker.  Die welige kleure van die blomme (rooi, pienk, Boergondië en koraal peonies, anemone en rose) het die donkerblou skryfbehoeftes en donkerblou glase deur Dream Canvas Events baie goed aangevul. Die eiervrug-kleurige servette wat met ‘n knoop ontwerp bygevoeg is, gee dit ‘n ryk en formele gevoel aan die tafel – wat perfek is vir ‘n plek soos Shepstone Gardens.  Dit was ‘n anders en meer kreatiewe aanpak op die gewone Boergondië, donkerblou en goue winterstyl wat baie populêr is op die oomblik.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel behalwe die stilering en die opstel van die bruidsruiker en reëling was om saam met almal te werk op die dag van opstelling.  Die opstel tydens goue uur toe die son sak bo by die hemelkamer van Shepstone Gardens, was ‘n wonderlike oomblik om te kyk hoe alles bymekaar kom met die model fotograaf en die tafel-opstel.

Wat is jou advies aan paartjies wat die tema as inspirasie wil gebruik?


Kry inspirasie by die venue.  Met die fotosessie by Shepstone Gardens, het ons geweet ons wou iets hoë mode doen asook iets uniek om die gevoel van die venue te komplimenteer.  Die gebruik van waaghalsige en sterk kleure het die ryk en elegante gevoel wat ons wou hê, perfek vertoon.

Diensverskaffers