Fotostrook uitnodiging van Oh Yay

Die uitnodiging na jou troudag is die eerste bietjie wat jy vir elke gas wys van wat om te verwag van die groot dag en van soveel ontwerpe om deesdae van te kan kies is baie bruide onseker oor watter roete om te kies.  Hieronder is ‘n slim opsie waar jy ‘n fotostrook byvoeg by die uitnodiging, dis ‘n persoonlike element wat jy kan byvoeg om die uitnodiging eie aan julle as paartjie te maak en gee jou ‘n verskoning om dalk weer daardie mooie verlowings foto’s te gebruik!  Die ontwerpe hieronder is ontwerp deur  Oh Yay.  Die fotostrook kan by enige uitnodiging bygevoeg word en selfs inligting daarop self bevat indien jy verkies om eerder slegs een “kaartjie” te hê.  Ons hoop dat hierdie julle gedagtes ook nou sommer propvol idees laat!

 

Artikel Krediet: