Effe-kleurige skryfbehoeftes

Vandag se skryfbehoeftes wat ontwerp is deur Watercolour Heart herinner onmiddellik aan spookasem en lui-lekker Saterdag-middae. Die skryfbehoeftes is ‘n nuwe interpretasie van blommotiewe met ‘n effens “Gatsby” gevoel daaraan.  Alhoewel die agtergrond relatief besig is met die blom-motief is die ontwerp minimalisties en die kleurskema effe-kleurig.  Die ontwerp is ook perfek vir julle indien julle nie ‘n te vroulike ontwerp soek nie, maar steeds dit sag wil laat voorkom.  Let ook op presies hoe mooi die skryfbehoeftes gaan saam met die marmer van die agtergrond, beslis iets om ingedagte te hou indien jy marmer by jul troue inkorporeer.

Artikel Krediet: