Wittebrood by Turbine Hotel

Die Turbine Hotel & Spa het ons genooi vir ‘n naweek wegbreek by hulle unieke vyfster hotel en spa op Thesen’s Island in Knysna.  As jy beplan om die Tuinroete te besoek, moet jy definitief ‘n aand of drie boek by hierdie unieke hotel. Die Turbine Hotel & Spa hotel is gebou in ‘n ou krag stastie wat vuur gebruik het om die Knysna en Plettenbergbaai area met krag te voorsien.

Vir paartjies wat opsoek is na ‘n lieflike wittebrood wegbreek is hierdie hotel die perfekte plek vir jou.  Dit is sentraal geleë en naby aan meeste van die Tuinroete se toeriste attraksies.  Hulle het ‘n lieflike en baie ruim wittebrood suite beskikbaar by die hotel wat baie privaat is met ‘n baie lieflike uitsigte en ‘n privaat balkon.  Let wel dit is nogsteeds omring deur Thesen’s Island se huise, so daar is lewe om jou.

As jy by die Turbine Hotel & Spa inloop, kry jy onmiddellik die industriële gevoel van die ou krag stasie, wat nou gemeng is met luukse afwerkings en kleurvolle elemente en meubels.  Die kontras tussen die industriële gevoel en die sagte afwerkings, maak hierdie hotel iets anders as enige ander hotel.  Die hotel het ‘n vyfster gradering van die TGCSA, so jy sal definitief bederf word.

Die kamer waarin ons gebly het, het oor  Thesen’s Island se strandmeer uitgekyk, wat ‘n kontras is van die hotel se interieur wat baie modern en funky is.  Dit is ‘n pragtige uitsig om op jou balkon te sit en uit te kyk na oor die water, veral as jy opsoek is na ‘n wegbreek, weg van die stad se gejaag.  Alhoewel Knysna self nie ‘n klein dorp is nie, is Thesen’s Island wel ‘n klein gedeelte en ietsie uniek, net soos die hotel.

Die 26 kamers en suites van The Turbine Hotel is individueel ontwerp en versier as huldeblyk van Knysna se ryk erfenis, soos die “Schooner Room” met skilderye van skepe teen die muur, gepoleerde hout vloerplanke, ‘n seevaartkis en ‘n spieël wat lyk soos ‘n patryspoort.

Aandete word besien in die Island Café Restaurant in die middel van die hotel.  Die restaurant se tafels is letterlik tussen die ou oorspronklike kragopwekker masjiene.  As jy een is wat hou van kuns, dan sal jy dit nogal waardeer.  Dit het gevoel soos groot modern kuns stukke waar tussen jy sit.

Ons het die Saterdag fiets gaan ry en so entjie van die eiland ook afgery op pad dorp se kant toe, wat ‘n pragtige en redelik maklike rit is as jy bietjie meer aan die fiks kant is.  Jy kan fietse huur by die hotel en hulle sal jou met vriendelikheid aanbeveel waar om te ry en waar om nie te ry nie..

Hulle spa is uit die boonste rakke.  Ons het albei ‘n 60 minute vol lyf massering gehad wat elke liewe stres knoppie wat ons kon hê uitgedruk het.  Dit was so ontspannend en die massage dames was baie professioneel.  Hulle het heelwat massering opsies beskikbaar by hulle spa, so maak seker jy boek jou massering sommer as jy jou hotelkamer boek.

Ons was ook bederf tot  ‘n sonsak bootrit in die Knysna strandmeer tot net voor die Knysna Heads.  Dit was ‘n belewenis en prentjie mooi om Knysna vanaf die water te sien.  Ons het ook heerlike vinger happies gehad wat voorberei was deur die Island Café, van oesters tot heerlike quiches.

Daar is ook ‘n groot swembad waar jy kan ontspan en ‘n skemerkelkie geniet op die houtdek terwyl jy oor die swembad en strandmeer uitkyk.  Die kamer waarin ons gebly het, het ‘n dubbelbed gehad en ‘n lekker ruim badkamer met ‘n bad en stort.  Die Wes-Kaap het ‘n droogte op die oomblik so daar is nie ‘n prop in die badkamer nie.   Doen jou deel om water te bespaar. In kort:  Dit is ‘n baie oulike hotel en definitief iets uniek.  As jy nie een is wat hou van klein vertrekke nie, sou ons aanbeveel jy boek een van hulle luukse suites, sodat jy meer spasie het, want die kamer waar ons ingebly het is baie mooi, maar kan dalk bietjie knap wees as jy gewoond is aan ruimte. Artikel Krediet