‘n Verfrissende skryfbehoefte-stel

Vandag se skryfbehoefte-stel gee ‘n kalm, tog verfrissende gevoel mee.  Die kaktus geïnspireerde skryfbehoeftes het fyn waterverf prentjies van groenigheid regoor wat pragtig kan lyk by beide ‘n wit, eenvoudige troue of ‘n troue wat oorweldig is met groenigheid.  In die foto’s onder sal julle ook sien hoe slim gedrukte kleeflint gebruik word om patrone aan te bring op die skryfbehoeftes.  Die goue skrif steek mooi af teen die wit agtergrond en groen waterverf motief.  Mooi Troues bedank Watercolour Heart wat weereens hierdie pragtige ontwerp aan ons verskaf het vir die moeite en inspirasie.

Artikel Krediet: