Jandre & Caylin se troudag by Oakfield Farm

Met blaasborrels het Jandre en Caylin uitgestap by die seremonie area en hul lewe saam aangedurf.  Hul troudag was gevier op Oakfield farm venue wat ook een van Mooi Troues se adverteerders is. Die paartjie het stylvol op hul dag gelyk, altwee geklee in pragtige uitrustings. Die bruid het slim te werk gegaan met ‘n romp wat bo-oor haar noupassende rok gevoeg was om meer verskeidenheid te gee aan haar trourok terwyl die bruidegom ‘n populêre patroon vir sy pak gekies het.  Die strooimeisies-rokke wat ontwerp is deur Gelique, het ook pragtig aangesluit by die groot dag.  Die fotograaf het dit weereens reggekry om al die emosie wat hulle gevoel het in die oomblik vas te vang vir die paartjie om weer na te kyk agterna.  As jy ook hou van ‘n verskeidenheid foto’s wees seker om op te let die kontrasterende dag en nag foto’s wat die fotograaf geneem het.  Die hele geleentheid was ‘n goeie mengsels van die tradisionele wit troue met effense moderne elemente wat subtiel inkorporeer is.  Ons hoop julle geniet die artikel soveel as wat die paartjie hul groot dag geniet het.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul op dié dag?


12 Mei 2018 Caylin – 25 en Jandre – 24

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons albei het modelwerk gedoen. In die jaar 2012 het ons albei die titels van King en Queen of the Universe gewen. Ons het geweet van mekaar, maar nooit regtig met mekaar gepraat nie.  ‘n Jaar later moes ons, ons titels gaan oorgee en het die choreograaf versoek dat ons die openingsdans by die kompetisie moet doen. Ons het op Celine Dion se liedjie The Power of Love gedans. Ons was aanvanklik eers skaam vir mekaar, maar later was dit asof ons mekaar al jare ken.  Dit was liefde met die eerste oogopslag.

Hoe het julle verloof geraak?


Ons was met vakansie in Mosselbaai en hy het toe vir ons ‘n afspraak gereël, dit was niks snaaks vir my nie, want dit was ‘n jaarlikse instelling dat ons elkeen iets moet reël as ons weggaan.  Hy het my toe na Gouritzmond geneem,waar ons ‘n fotosessie op die strand gedoen het. Die fotograwe het alles afgeneem vanaf ons by die kar uitgeklim het.  Jandre het ook ‘n voetpad gemaak met fotos en ‘n gedig waar die laaste gedeelte was: “my hartsbegeerte van dan tot nou”  Toe ek klaar gelees het toe was hy op sy een knieg en vra “Caylin sal jy met my trou” Dit was bitter spesiaal!

Hoe het julle die venue gekies?


Ons het slegs na vier venues gaan kyk en Oakfield Farm was ons laaste venue op die lys. Ons wou iets oop en vol lig hê wat ons persoonlikhede weerspieël. Toe ons by die kapel instap het ons dadelik verlief geraak op die venue en het net daar en dan besluit dit is waar ons wil trou.

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Ons wou ‘n klassieke, romantiese troue hê met ‘n Herfs tema.  Ons het besluit op die warm kleur Boergondië, gekombineer met ligpienk en mauve. Ons het besluit op rose want dit is tydloos, klassiek en simboliseer liefde.  Die kleurpalet moes vloei en dit moes aandag trek.

Vertel ons meer van jul ringe.


Jandre is nie een vir juwele nie so ons het besluit op ‘n redelike dun en stylvolle witgoud trouring vir hom.

Caylin se ring is ‘n witgoud ring met kant steentjies en ‘n kussing snit diamant.

Wie was jul fotograaf en videograaf gewees?


Arline Photography and Video Productions het ons fotos en video geneem vir ons troudag.  Dit het vir ons gevoel of jarelange vriende ons afneem. Hulle was so professioneel en die styl van hulle fotografie kan mens uitken bo die res.  Elzanne en Andre is fantasties en niks was vir hulle te veel moeite nie, vanaf ons verlowings fotosessie regdeur tot en met die proses waar hulle ons fotos en video’s bekendstel, doen hulle dit met die grootste ywer en passie.  Hulle het ook vir ons ‘n fantastiese mooi gasteboek saamgestel.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Ek en Jandre het op ‘n stadium deur die aand net vir ‘n oomblik gaan sit en vir al ons gaste gekyk.  Dit was vir ons baie belangrik dat ons gaste die troue moes geniet en net soveel herinneringe soos ons huis toe neem.  Ek moet sê om net te sit en alles in te neem en die glimlagte op almal se gesigte te sien was vir ons altwee ‘n baie spesiale oomblik.  Dit was asof ons vir daardie paar minute net kon rustig wees en alles waardeer.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Ons was so tevrede met elke aspek van die troue ons sal niks wil verander nie. Daar het letterlik nie ‘n ding verkeerd geloop nie.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


In die eerste plek is dit baie belangrik om goeie verskaffers te gebruik.  Hulle moet betroubaar en professioneel wees.

Tweedens is dit belangrik om genoeg tyd te hê voor die troudag.  Minstens ‘n jaar.

Derdens gee aandag aan die kleiner detail van die troue, want op die ou einde maak dit die mooiste fotos en dit gee vir jou fotograwe inspirasie om mee te werk.

Vierdens is ‘n goeie seremoniemeester van kardinale belang.  Hy hou immers alles bymekaar.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons vertrek eers Desember op ons wittebrood (dis ‘n verrassing vir my), maar ons was vir ‘n week na die troue San Lameer toe net om ons eerste paar dae as man en vrou saam te spandeer in ‘n rustige omgewing weg van die huis af.  Dit was die perfekte plek om net te ontspan en onsself te geniet na ‘n jaar se troubeplanning.  Ons het gebruik gemaak van die privaat strand, die spa en natuurlik “kamerdiens” vir dae wat ons net nie wou uitgaan nie.  Dit is ‘n ongelooflike plek om net weer tot verhaal te kom.

Diensverskaffers