Trou by Intundla Game Lodge

Intundla Game Lodge & Bush Spa is geleë in die pragtige Dinokeng area slegs 30-minute se ry vanaf Pretoria en 55 minute se ry vanaf OR Tambo lughawe.   Vir ‘n Bos troue en onthaal in ‘n wilds reservaat is Intundla die perfekte keuse met ou-wêreldse sjarme, nostalgie, gasvryheid en ‘n rustige atmosfeer rondom ‘n skilderagtige dam onder die Bobbejaansberg.

Foto Krediet: Marika Wilkins
Foto Krediet: Marika Wilkins
Foto Krediet: Marika Wilkins
Foto Krediet: Marika Wilkins
Foto Krediet: Marika Wilkins
Foto Krediet: Marika Wilkins
Foto Krediet: Marika Wilkins
Foto Krediet: Marika Wilkins

Die meer formele Bos Kapel, Boma, Hippo saal of selfs onder die sterre, is elke fotograaf se droom met vele romantiese foto geleenthede vir jou gaste en ook die paartjies se fotosessie.

Al hulle funksie lokale, ontvangs en presidensiële suite is aan die voet van die berg en aan die ander kant van die dam is daar 37 luukse en-suite eenhede as ook ‘n wittebrood suite.

Een van die voordele by Intundla is die feit dat hulle slegs een troue op ‘n slag doen vir eksklusiwiteit redes.  Baie paartjies gebruik Intundla as ‘n bestemming trou venue, omdat akkommodasie vir jou en jou gaste ingesluit is teen ‘n spesiale prys, en bied binne en buite geriewe van jou keuse om te gebruik.   Dit maak nie net jou troudag effens langer nie, maar gee jou ook die tyd om kwaliteit tyd met jou gaste te spandeer sonder om gejaag te voel.

Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings
Foto krediet: Rianka’s Weddings

Die venue is eksklusief vir paartjies vir 10 ure, vanaf 3nm tot 1vm, met die opsie om oortyd te gaan teen ‘n uurlikse koste of anders sonder toesig gebruik te maak van hulle Boma area.

Om by Intundla te trou is meer as net ‘n troue, dit is ‘n wegbreek vir jou en jou gaste, weg van die stad se gejaag en net ‘n heerlike naweek van rus en pret.  Geniet ‘n rustige swem in hulle swembad met ‘n skemerkelkie terwyl jy die son-sak bekyk.

Foto krediet: Celeste Cilliers
Foto: Celeste Cilliers
Foto: Celeste Cilliers
Foto: Celeste Cilliers
Foto: Celeste Cilliers
Foto: Celeste Cilliers
Foto: Celeste Cilliers

As jy voel jy kort ‘n bietjie meer vir ontspanning, boek ‘n spa sessie by hulle Bush Spa wat daagliks oop is vanaf 8vm tot 6nm.   Geniet ‘n ontspannende spa sessie en voel lekker uitgerus by jou troudag.  Dit is die perfekte plek vir die toekomstige bruid en haar Ma, Skoonma en Strooimeisies om hulle self, lekker te bederf voor die troue.

Foto verskaf deur Intundla Game Lodge
Foto verskaf deur Intundla Game Lodge
Foto verskaf deur Intundla Game Lodge

Kontak Intudla by 012 735 9913 vir meer inligting, of stuur hulle ‘n e-pos na info@intundla.co.za.  Volg hulle ook op sosiale media: Facebook, Twitter, Google+, YouTube en Pinterest.