Swart-ink Blom inspirasie skryfbehoefte-stel

‘n Paar weke gelede het Mooi Troues met julle Sagte pienk klassieke blom uitnodiging gedeel.  Vandag deel ons iets soortgelyk met klein details wat die gevoel heeltemal verander.  Vandag se skryfbehoeftes wat ontwerp is deur Watercolour Heart, het ‘n meer vroulike en fyn aanslag.  Die opskrifte is ook meer kunstig plaas van speels, wat dan weer in sterk teenstelling is met die paragraaf-skrif wat redelik formeel is.  Hierdie is die perfekte voorbeeld van teenoorgesteldes wat goed saamwerk, veral wanneer dit kom by skryfbehoeftes.  Die illustrasie werk is fyn en bevat baie detail, veral op die tafelnommers wat omring is met ‘n blomme-kransie.  Kyk gerus onder om meer te sien, ons hoop julle is ook so mal hieroor as wat ons is!

Artikel Krediet: