Rowen & Dianne se troue by The Oyster Box

Mooi Troues deel vandag met julle Rowen en Dianne se tropiese gevoel troue.  Hierdie paartjie het effens afgedwaal van die algemene neiging om hul onthaal te hou by ‘n venue en besluit om die hele geleentheid te hou by ‘n Hotel, genaamd The Oyster Box.  Hierdie is beslis iets om ingedagte te hou wanneer jy soek na ‘n venue vir jou groot dag aangesien hotelle soms baie billik is en nie net verblyf ook vir gaste het nie, maar meestal ook breekware kan voorsien wat alles jou groot totaal van die dag sal verlaag.  Die paartjie verduidelik ook in die artikel meer oor die sentimentele en estetiese redes waarom hulle besluit het om by The Oyster Box te trou.  Deurentyd sal julle sien hoe goed die fotograaf haar van haar taak gekwyt het.  Nie net het die paartjie ‘n verskeidenheid foto’s nie, maar is elke foto ook met ‘n interessante benadering geneem wat die foto’s beide modern en klassiek laat voorkom.  Die fotograaf het dit reggekry om die huislike gevoel van hierdie weelderige hotel vas te vang asook al die pret en opgewondenheid van almal wat die dag bygewoon het.  Wees seker om al die mooi besonderhede van hierdie dag hieronder noukeurig deur te kyk.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jullr op dié dag?


Ons troue was op die 15de Maart 2018 gewees en ons was albei was 26 jaar oud op ons troudag.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons het ontmoet toe beide van ons nog op hoërskool was in Eshowe. Rowen en sy familie het pas verhuis en ons vriende het ons toe voorgestel aan mekaar – ja, ons is dus ‘n hoërskool liefdesverhaal!

Hoe het julle verloof geraak?


Ons het ‘n langafstand verhouding gehad.  Rowen het my toe verras met ‘n onverwagste week-lange kuier.  Ek het glad nie daarvan geweet nie en het eers by die ruit uitgekyk om te sien wie by die deur was.  Hy was heeldag op sy senuwees, ons het na The Oyster Box gegaan en net daar het my gevra om met hom te trou!  Daarom het ons besluit om ook ons troue te hou by The Oyster Box.

Wie was jul fotograaf en videograaf gewees?


Ons fotograaf was Alexis Diack Photography.  Ons het navorsing gedoen en verskeie fotograwe ingedagte gehad omdat hierdie element vir ons baie belangrik was tydens ons troue.  Ons het gekyk na foto’s op die venue se webtuiste en Alexis se fotos het regtig vir ons uitgestaan bo die res.  Ons het haar ontmoet en onmiddellik goed met haar oor die weg gekom.  Sy was ook bereid om enige iets te doen op die dag om daardie perfekte fotos te neem en het selfs langer tyd spandeer op die aand, ons kon werklik nie vir beter gevra het nie.

Ons videograaf was Dan Dedekind films.  Ons het vir Dan bespreek nog voordat ons die venue vasgemaak het omdat ons geweet het sy werk is fantasties en dat ons nie teleurgesteld sou wees nie.  Ek wou graag hê dat die video moes afspeel soos ‘n liefdesverhaal en nie net ‘n dokumentêr van die dag moes wees nie en dis presies wat hy vir ons saamgestel het.  Hy het ‘n ongelooflike video van ons liefdesverhaal saamgestel.

Was daar ander redes behalwe jul verlowing vir die keuse van venue?


Behalwe vir die feit dat ons hier verloof geraak het, wou ons ook iets anders gehad het vir ons troudag.  Ons wou iets hê wat koninklik, maar steeds modern voel.

Wat het julle dekor keuses beïnvloed?


Ons is mal oor tropiese invloede!  Ons hou baie van die see, buitelug en tropiese plante daarom was ‘n tropiese tema perfek vir ons troudag.

Hoe het julle jul ringe gekies?


Rowen het albei ons ringe gekies. Hy het ‘n ring gekies wat by my gelaatskleur pas asook een wat nie te groot en swaar lyk op my klein handjies nie.  Sy troupand is goud met diamante aan die voorkant terwyl my ring roosgoud met ‘n morganiet diamant is.

Wat was vir jul die merkwaardigste oomblik tydens jul troudag?


Dit was beslis ons troubeloftes aan mekaar.  Ek het soos ‘n baba gehuil, ons het albei uit ons harte gepraat.

Wat sou julle verander op die dag as julle kon?


Ons sou nie enige iets op die dag wou verander nie, maar sou wel meer hulp gekry.  Ek het alles op my eie beplan en elke detail self deurgesien, dit sou gehelp het as iemand anders die administrasie gedeelte kon behartig.

Wat is julle advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


My advies sal wees om te onthou wat die hele rede is vir al die beplanning en waaroor die dag eintlik gaan.  Dit gaan werklik net oor jou en jou man, niemand anders nie.  Al die ander mense verdwyn wanneer julle jul troubeloftes aflê en dan gaan dit net oor julle as getroudes.  Ons wou graag ‘n intieme troue hê.  Ons wou ons nie bekommer oor klein dingetjies soos byvoorbeeld of almal van van die kos en musiek hou nie.  Daarom het ons net die mense genooi wat ons geweet het die dag saam met ons sou geniet tenspyte van wat op die dag gebeur.  Almal wat deurentyd daar was vir ons en ons verhouding het die dag saam met ons geniet.  Ek sal dus alle paartjies aanraai om mense te nooi na jul dag wat nie net vir jou ondersteun nie, maar ook vir julle as ‘n paartjie, hierdie is die mense wat julle weer sal sien na jul troudag.

Wat was jul begroting gewees en hoe het julle daarby gehou?


Ons begroting was R50 000.  Dit was nie ‘n groot begroting nie, maar ons het daarby gehou.  Ek is redelik goed met onderhandel en het presies geweet waarna ek soek so dit was moeilik om my te oorreed om onnodige dinge by te voeg tot die dag.  Dit het ook baie gehelp dat ons nie veel moes byvoeg by die venue nie omdat dit reeds so besonders is.

Was julle met wittebrood gewees?


Ons wittebrood was hier in Suid-Afrika gewees.  Ons het Mtentu Lodge in die Oos-Kaap besoek.  Albei van ons wou al vir ‘n geruime tyd daarheen gaan.  Ons was mal daaroor om “off the grid” te wees soos hulle sê.  Daar was nie WiFi of veel ander mense in die omtrek nie.  Ons het vir sowat sewe kilometer langs die strand gaan stap om uiteindelik die ongelooflikste waterval te bereik wat direk in die oseaan vloei.  Ons was stomgeslaan en het elke oomblik daarvan waardeer.  Weereens, ons is mal oor ‘n tropiese omgewing!

Diensverskaffers: