Britz & Alesia se troue by Vondeling Wines

Britz en Alesia se visie vir hul troudag moes opgesom word in drie woorde: Eenvoud, maklik en intiem.  Hierdie paartjie het mooi gedink oor elke aspek van hul groot dag en kan nou beslis sê dat hul grootdag die woorde teenwoordig. Hul troue was gehou by Vondeling Wines, ‘n pragtige venue wat intiem en warm is.  Lees ook onder hoe die paartjie besluit het op hul venue asook die opofferinge wat hulle bereid was om te maak om die perfekte venue te kon kry.  Die bruid het absoluut asemrowend gelyk in haar rok van Bride&Co.  Die rok het haar figuur gevlei en sal altyd ‘n klassieke keuse bly.  In dié artikel vertel die paartjie meer oor hoe hulle by hul begroting gehou het, asook hoe hul keuse van fotograaf hiermee gehelp het.  Lekker lees en geniet die warm en intieme troudag.

Wanneer het julle getrou en hoe oud was julle op dié dag?


Ons het getrou op die 16de September 2017. Alesia was 24 en Britz 25.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons het destyds saam gewerk. Met my eerste dag by die maatskappy het ons ‘n vergadering bygewoon en het Britz spontaan na my gestaar gedurende die vergadering. Agterna het Britz my gevra vir my selfoon nommer en het ons lekker gesels en goeie vriende geword. Desember het Britz saam met ons vakansie gaan hou. Hy het ‘n groot hart op die strand uit gegrawe met ‘ n piekniek mandjie in die middel van die hart en my gevra het om sy meisie te wees.

Hoe het julle verloof geraak?


Een van Britz se vriende het arriveer vanaf Amerika en het ons ‘n doodgewone braai bywoon by beste vriende waar ons omtrent elke naweek spandeer het. Na die manne gebraai het en almal begin opskep het, het Britz besluit dis nou die regte tyd omdat sy vriend dit ook saam met ons kan deel. Ek was heeltemal onkant gevang en het dit glad nie verwag nie.

Is daar ‘n storie agter jul ringe?


My verloofring is ‘n klein, fyn ringetjie, wat Britz by NJW Jeweller gekoop het, ek het besluit om my verloofring te hou as ‘n trouring. Britz wou graag hout in sy ring gehad het, ons het toe op Vena Amoris Jewellers afkom op die internet en hulle het die perfekte ring gehad vir hom.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Alesia: “Vir my was daar nie iets spesifiek nie. Elke uur van die dag was spesiaal en merkwaardig gewees.”

Britz: “Die oomblik toe Alesia by die kerk instap. Sy het soos ‘n godin gelyk, my hart het nog nooit so vinnig geklop van blydskap en trots nie.”

Wie was jul fotograaf en videograaf?


Ons is baie gelukkig om ‘n vriendin te hê as ‘n fotograaf. Ons wou haar oorspronklik nie gebruik nie omdat sy genooi was as ‘n gas, maar Britz en Candice het met mekaar onderhandel en besluit dis die beste opsie. Ek het wel een voorwaarde gehad en dit was dat Candice die dag ook saam met ons sal geniet as ‘n gas en nie net sal werk nie. Candice het ook die fotografie gedoen as ‘n trou geskenk aan ons. Ons kon lekker lag en was beslis op ons gemaklikste.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Alles was eksie-perfeksie nes ons dit beplan het. Daar is nie ‘n enkele ding wat ons sou wou verander nie.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Geloof, hoop, liefde en bitter baie geduld. Maak elke uur en elke oomblik tel. Moet nie stres nie, ek weet dis makliker gesê as gedaan, maar jy stres eintlik vir niks. Alles werk uit soos dit moet en gebeur soos dit moet.

Was julle met wittebrood gewees?


Familie en vriende het vir ons plek bespreek in die Penisula Hotel in See Punt. Hulle het ook vir ons ‘n bootrit bespreek tydens sonsondergang wat ons baie geniet het. Ons het letterlik die 3 dae net gerus en ontspan as Mr & Mev Niemand.

Hoe het julle die venue gekies?


Ons was baie spesifiek met die kies van ‘n venue. Die venue moes ‘n kerk of kapel gehad het asook akkommodasie omdat meeste van ons gaste van Johannesburg en Klerksdorp was. Ons eerste besoek was Vondeling Wines en ons was bai tevrede met die opset en alles daar, maar die venue was te klein vir 120 gaste. Ons was seker by 10 ander venues waarvan ons steeds nie gehou het nie. Ons het toe besluit om ons gaste lys te verminder en Vondeling Wines gekies. Ek is so bitter dankbaar vir Mariaan en haar span. Sonder hulle sou ons verlore wees.

Wat was die inspirasie vir jul dekor?


Die inspirasie vir ons dekor was drie woorde naamlik eenvoud, maklik en intiem. Ek het op Pintrest en Facebook geboer vir enige idees. Ons het meeste van die dekor self gedoen.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons het ooreengekom op ‘n begroting en ons is gelukkig om te sê dat ons daarby kon hou. Ons het meeste van die dekor en skryfbehoeftes self behartig en daar het ons definitief baie gewen.

Diensverskaffers